Twee SA-gholfspelers wen by Ope

Brandon Stone. Foto: Kenny Smith/PA via AP

Suid-Afrika se Brandon Stone het Sondag die Skotse Ope gewen en sodoende sy plek in die Britse Ope bespreek.

Stone het met ʼn rondte van 60 (tien houe minder as baansyfer) net-net die Europese reeks se heel eerste 59 verbeur.

Die 25-jarige het die 18de speler geword om ʼn rondte van 60 aan te teken in die Europese reeks. Hy het agt voëltjies en ‘n arend in sy eerste 16 putjies geslaan.

Die Engelsman Eddie Pepperell was tweede met ʼn rondte van 64. Suid-Afrika se Trevor Immelman het gesamentlik derde geëindig en net een hou kort van die Britse Ope geval.

“Dis ongelooflik,” het Stone gesê. “As ek doodeerlik moet wees – ek was nie eers seker wat my telling was tot by die 18de putjie nie. Dit was net een van daai dae waar alles goed verloop het.”

Stone is die vierde Suid-Afrikaner om die Skotse Ope te wen naas Tim Clark, Retief Goosen en Ernie Els. Die Britse Ope begin Donderdag by Carnoustie.

Intussen het Suid-Afrika se Justin Harding ook Sondag die Indonesiese Ope gewen. Dit was sy eerste oorwinning in die Asiese reeks.

Die 32-jarige het die Ope met ʼn 71 voltooi om op 18-onder te eindig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.