Unieke jaarlidmaatskap vir gholfspelers oor die land

Foto verskaf deur Bronkhorstspruit Gholfklub

Bronkhorstspruit Gholfklub, ʼn juweel van ‘n gholfbaan, is net 20 minute se ry vanaf die oostelike voorstede van Pretoria.

Vir die volgende paar maande is daar vir gholfspelers in Suid-Afrika nou ʼn geleentheid om ʼn lid van dié gholfklub te word en te spog met ʼn amptelike voorgee tydens enige gholfkompetisie. Enige gholfspeler kan nou met hartelus gaan gholf speel by enige baan in Suid-Afrika.

Hierdie jaarlange lidmaatskap kos slegs R1 925,00. Dit sluit ʼn SAGA-kaart asook ʼn amptelike voorgee in! Die lekkerte van die aanbod is dat elke lid ook twaalf, gratis rondtes op Bronkhorstspruit kan kom speel en die gholfswaai sommer lekker olie vir die volgende kompetisie teen jou vriende.

Vir September is hier ook lekker spesiale aanbiedinge: Maandae, Dinsdae en Donderdae (nie vakansiedae nie) kan besoekers ʼn 4-bal bespreek vir slegs R600,00. Hierdie aanbod sluit twee gholfkarretjies in! Kyk gerus ook na die September kalender van kompetisies wat aangebied word: http://bhsgolf.co.za/index.php/events/calender

Foto verskaf deur Bronkhorstspruit Gholfklub

Die welbekende “Bronkie Classic” vind natuurlik weer plaas op 22 en 23 November 2019. Hierdie jaar word die kompetisie op die individuele punteformaat aangebied. Daar is slegs beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar en die publiek word aangeraai om so vinnig moontlik reeds plek te bespreek.

Hierdie 18 putjie-gholfbaan, wat reeds in 1976 ontwerp is, is bekend vir sy vriendelike lede en uitstekende fasiliteite. Hier is 30 gholfkarretjies, volledige oefenfasiliteite met ’n dryfbaan en setperk. ʼn Halfweghuis en natuurlik ʼn volle gelisensieerde klubhuis met ʼn kroeg om na die tyd ʼn drankie te geniet.

Moenie langer wag nie, skakel Bronkhorstspruit Gholfklub nou by 013 932 3940 of besoek die webtuiste by http://bhsgolf.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.