Hamilton dra sewende keer die kroon

Hamilton was vol emosie toe hy Michael Schumacher se rekordgetal van sewe wêreldtitels geëwenaar het. (Foto: Formula 1/Twitter)

Diegene wat gedink het dat Lewis Hamilton bloot ’n bedorwe brokkie is wat alles op ʼn skinkbord kry, sal weer moet besin.

Hamilton, wat Sondag in die Turkse Grand Prix in Istanboel sesde weggespring het, maar teruggeveg het om op ’n nat baan sy 94ste loopbaanoorwinning te behaal, het in trane uitgebars toe hy verby die geruite vlag gejaag het.

Hamilton was vol emosie toe hy Michael Schumacher se rekordgetal van sewe wêreldtitels geëwenaar het.

Dit was trane van blydskap, nie dié van ʼn windlawaai nie.

Dit is wat die oorwinning vir Hamilton beteken het, om die sewende keer wêreldkampioen gekroon te word (met nog drie renne vanjaar oor), wat 94 oorwinnings behaal het, met 163 podiumplekke spog, wat 97 keer voor weggespring het.

Vergelyk dit met ander legendes soos Juan-Manuel Fango, wat vyf keer die wêreldkampioen was en ook Alain Prost (4) en Sebastian Vettel (albei 4)

Hamilton het die seisoen wat weens die Covid-19-pandemie laat in die jaar begin het, heeltemal oorheers en spog reeds met 307 punte, gevolg deur sy Mercedes-spanmaat Valtteri Bottas (197), Max Verstappen (170) en Sergio Perez (100).

Perez (Racing Point) was Sondag tweede, gevolg deur Vettel (Ferrari), Charles Leclerc (Ferrari), Carlos Sainz (McLaren) en Verstappen (Red Bull).

En hoe het Hamilton Sondag afgesluit?

“Ons het hiervan gedroom toe ek jonk was. Dis so belangrik vir die kinders om na niemand te luister wat sê hulle kan iets nie bereik nie. Droom oor die onmoontlike…” en toe rol Hamilton se trane weer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anton

Biljoene word gespandeer vir die vervelige spul ????

Charles

Baie goeie en opwindende wedren. Geluk aan Lewis, maar vanwee sy ‘politieke houding’ sal ek hom ongelukkig nooit kan vergelyk met my ander helde van die sport nie…..En Anton dalk is rolbal vir jou meer opwindend ??