Die Proteas se eendagwedstryd teen Ierland op 25 September is die begin van ʼn vol program internasionale krieket. In die daaropvolgende tien maande sal hulle op 29 dae tuis- en op 62 dae wegwedstryde speel.
Dit sluit 19 eendagwedstryde in waarvan 11 in Suid-Afrika is. Daar word ook sewe T20-wedstryde gespeel: drie tuis en vier weg. Suid-Afrika sal gasheer vir slegs drie van die 13 vyfdagtoetse wees, met die eerste wat op Gesinsdag (26 Desember) op St. Georges-park begin. Die ander twee toetse volg daarna op Nuweland (2 Januarie) en die Wanderers (12 Januarie).
Die beginsel om verskillende spelers vir elke vorm van die spel te kies maak dus met die vol program duidelik sin.
♦ Die reeds vol program word verder gelaai met die IKK se Kampioenetrofee-toernooi wat van 1 tot 18 Junie in Engeland en Wallis beslis word. Die wêreld se agt beste spanne neem in twee afdelings aan die toernooi deel. Suid-Afrika is saam met Pakistan, Indië en Sri Lanka in ʼn groep.
Dié toernooi word tussen die Proteas se eendaagse reeks teen Engeland (24-29 Mei) en hulle T20-reeks, wat op 21 Junie begin, gespeel. Daarna volg die vier toetse teen Engeland óók nog.
Daar is boonop ook nog ander reekse soos die Indiese IPL en Karibiese Premierliga waaraan ons spelers graag deelneem en waar hulle ook groot bedrae verdien.
ʼn Mens het begrip daarvoor, want ʼn sportloopbaan is net só lank en ʼn besering kan dit voortydig kortknip. Daar sal egter gewaak moet word daarteen dat die voorste spelers nie weer soos die nasionale kaptein, AB de Villiers, die afgelope jaar oorspeel en beseer word nie.
Die Proteas se krieketjaar tot 4 Augustus 2017 lyk só:
September 2016
25 Suid-Afrika vs Ierland, Eendag, Willowmoorepark
30 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, SuperSportpark
Oktober 2016
2 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, Wanderers
5 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, Kingsmead
9 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, St. George’s
12 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, Nuweland
November 2016
3 Suid-Afrika vs Australië, Toets, WACA
12 Suid-Afrika vs Australië, Toets, Hobart
24 Suid-Afrika vs Australië, Toets, Adelaide Oval
Desember 2016
26 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Toets, St. George’s
Januarie 2017
2 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Toets, Nuweland
12 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Toets, Wanderers
20 Suid-Afrika vs Sri Lanka, T20, SuperSportpark
22 Suid-Afrika vs Sri Lanka, T20, Wanderers
25 Suid-Afrika vs Sri Lanka, T20, Nuweland
28 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, St. George’s
Februarie 2017
1 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, Kingsmead
4 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, Wanderers
7 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, Nuweland
10 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, SuperSport Park,
17 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, T20, Edenpark
19 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Hamilton
22 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Christchurch
25 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Wellington
Maart 2017
1 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Napier
4 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Edenpark
7 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Toets, Dunedin
15 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Toets, Wellington
24 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Toets, Hamilton
Mei 2017
24 Engeland vs Suid-Afrika, Eendag, Headingley
27 Engeland vs Suid-Afrika, Eendag, Southampton
29 Engeland vs Suid-Afrika, Eendag, Lord’s
Junie 17
21 Engeland vs Suid-Afrika, T20, Southampton
23 Engeland vs Suid-Afrika, T20, Taunton
25 Engeland vs Suid-Afrika, T20, Cardiff
Julie 2017
6 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, Lord’s
14 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, Trent Bridge
27 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, The Oval
Augustus 2017
4 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, Old Trafford
Meh. Wie stel nog belang om ‘n span te volg wat deur Fikile Mbalula gekies is? Hou maar julle kwota spanne. Kies op meriete, wit of swart, dan volg ons weer. CSA en hulle rasse agenda kan maar doen wat hulle wil.