Heelwat internasionale krieket, maar net drie tuistoetse

Argieffoto

Argieffoto

Vir diegene wat so effens bek-af was ná die Kiwi’s se kort tweetoets-reeks, is daar by die heelwat goeie nuus oor internasionale krieket ook die ontnugtering dat drie toetse teen Sri Lanka al is wat tot Augustus 2017 op eie bodem gespeel sal word.

Die Proteas se eendagwedstryd teen Ierland op 25 September is die begin van ʼn vol program internasionale krieket. In die daaropvolgende tien maande sal hulle op 29 dae tuis- en op 62 dae wegwedstryde speel.

Dit sluit 19 eendagwedstryde in waarvan 11 in Suid-Afrika is. Daar word ook sewe T20-wedstryde gespeel: drie tuis en vier weg. Suid-Afrika sal gasheer vir slegs drie van die 13 vyfdagtoetse wees, met die eerste wat op Gesinsdag (26 Desember) op St. Georges-park begin. Die ander twee toetse volg daarna op Nuweland (2 Januarie) en die Wanderers (12 Januarie).

Die beginsel om verskillende spelers vir elke vorm van die spel te kies maak dus met die vol program duidelik sin.

♦  Die reeds vol program word verder gelaai met die IKK se Kampioenetrofee-toernooi wat van 1 tot 18 Junie in Engeland en Wallis beslis word. Die wêreld se agt beste spanne neem in twee afdelings aan die toernooi deel. Suid-Afrika is saam met Pakistan, Indië en Sri Lanka in ʼn groep.

Dié toernooi word tussen die Proteas se eendaagse reeks teen Engeland (24-29 Mei) en hulle T20-reeks, wat op 21 Junie begin, gespeel. Daarna volg die vier toetse teen Engeland óók nog.

Daar is boonop ook nog ander reekse soos die Indiese IPL en Karibiese Premierliga waaraan ons spelers graag deelneem en waar hulle ook groot bedrae verdien.

ʼn Mens het begrip daarvoor, want ʼn sportloopbaan is net só lank en ʼn besering kan dit voortydig kortknip. Daar sal egter gewaak moet word daarteen dat die voorste spelers nie weer soos die nasionale kaptein, AB de Villiers, die afgelope jaar oorspeel en beseer word nie.

Die Proteas se krieketjaar tot 4 Augustus 2017 lyk só:

September 2016

25 Suid-Afrika vs Ierland, Eendag, Willowmoorepark
30 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, SuperSportpark

Oktober 2016

2 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, Wanderers
5 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, Kingsmead
9 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, St. George’s
12 Suid-Afrika vs Australië, Eendag, Nuweland

November 2016

3 Suid-Afrika vs Australië, Toets, WACA
12 Suid-Afrika vs Australië, Toets, Hobart
24 Suid-Afrika vs Australië, Toets, Adelaide Oval

Desember 2016

26 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Toets, St. George’s

Januarie 2017

2 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Toets, Nuweland
12 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Toets, Wanderers
20 Suid-Afrika vs Sri Lanka, T20, SuperSportpark
22 Suid-Afrika vs Sri Lanka, T20, Wanderers
25 Suid-Afrika vs Sri Lanka, T20, Nuweland
28 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, St. George’s

Februarie 2017

1 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, Kingsmead
4 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, Wanderers
7 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, Nuweland
10 Suid-Afrika vs Sri Lanka, Eendag, SuperSport Park,
17 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, T20, Edenpark
19 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Hamilton
22 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Christchurch
25 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Wellington

Maart 2017

1 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Napier
4 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Eendag, Edenpark
7 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Toets, Dunedin
15 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Toets, Wellington
24 Nieu-Seeland vs Suid-Afrika, Toets, Hamilton

Mei 2017

24 Engeland vs Suid-Afrika, Eendag, Headingley
27 Engeland vs Suid-Afrika, Eendag, Southampton
29 Engeland vs Suid-Afrika, Eendag, Lord’s

Junie 17

21 Engeland vs Suid-Afrika, T20, Southampton
23 Engeland vs Suid-Afrika, T20, Taunton
25 Engeland vs Suid-Afrika, T20, Cardiff

Julie 2017

6 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, Lord’s
14 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, Trent Bridge
27 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, The Oval

Augustus 2017

4 Engeland vs Suid-Afrika, Toets, Old Trafford

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gary ·

Meh. Wie stel nog belang om ‘n span te volg wat deur Fikile Mbalula gekies is? Hou maar julle kwota spanne. Kies op meriete, wit of swart, dan volg ons weer. CSA en hulle rasse agenda kan maar doen wat hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.