Hewige reën kelder Proteas in Indië

(Foto: pixabay)

Die Suid-Afrikaanse krieketspan se Indiese toer het op ʼn laagtepunt begin nadat Sondag se eerste T20-wedstryd in Dharamsala weens moesonreën afgelas is.

Die Proteas is veronderstel om nog twee T20-wedstryde, komende Woensdag in Chandigarh en aanstaande Sondag in Bengaluru, te speel waarna die toetsreeks van drie toetse van 2 Oktober af volg.

Daar word gevra hoe die Indiërs ʼn toer kon reël byna in die middel van die reënseisoen, wat van Julie tot einde September strek.

Die Suid-Afrikaanse A-span het onlangs deur Indië getoer en al sy eendagwedstryde, asook die vierdagtoets teen Indië A, is deur deurdringende reën geknou. In ʼn paar van die eendagwedstryde is die kragmetings tot 21 beurte, of selfs minder, verkort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gatiep ·

Daar is twee kante van die storie. Het SA krieket hulle huiswerk gedoen rakende die weer. Klink vir my hulle trap elke slag in n strik.

Ursula ·

Ja hulle het, dis al hoe hulle wen. Net nie gedink dit gaan so aan hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.