Honderde durf Midmar dié naweek aan

Dit is weer Midmar-tyd: Foto: Facebook.

Die grootste opelugswemkompetisie ter wêreld, die Midmar Myl, vind Saterdag en Sondag in Howick, KwaZulu-Natal, plaas. Soos gewoonlik gaan daar weer honderde swemmers wees wat by die wegspring gaan opdam.

Een van vanjaar se gunstelinge is Chad Ho. Dié 28-jarige swemmer het Suid-Afrika al by die Olimpiese Spele verteenwoordig en was reeds sewe keer die Midmar-kampioen.

Die aksie begin Saterdag om 08:15 (vier items word op dié dag geswem), terwyl Sondag se waterpret om 08:30 begin.

Hier is ’n paar interessante Midmar-feite:

  • Daar is meer deelnemers van Gauteng as van KwaZulu-Natal.
  • Die grootste persentasie swemmers is tussen tien en 19 jaar oud.
  • Die sesjarige Rachael Rodd is die jongste swemmer terwyl Mike Arbuthnot op 86 die oudste swemmer is. Arbuthnot was ook een van die stigterslede in 1974.
  • Oranje Meisieskool is die skool met die meeste inskrywings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.