Honderdtal goues vir Le Clos in Wêreldbekerreeks

Chad le Clos. Foto: AP Photo/Michael Sohn

Chad le Clos. Foto: AP Photo/Michael Sohn

Chad le Clos het Woensdag in Dubai die eerste swemmer geword om 100 goue medaljes by die FINA Wêreldbekerreeks in te palm.

Hy het dié besondere mylpaal bereik deur die 100m-vlinderslag te wen in ʼn tyd van 49.14sek. Hy het tot dusver al vier die 100m-vlinderslag items in die reeks gewen. Hy het ook ʼn silwermedalje in die 50m-vryslag in Dubai gewen.

Die finale byeenkoms van die FINA Wêreldbekerreeks vind Vrydag in Doha, Katar plaas.

Le Clos het vanjaar in Rio de Janeiro twee Olimpiese silwermedaljes en in 2012 ʼn goue en silwer medalje by die Olimpiese Spele in Londen gewen. Hy is Suid- Afrika se mees bekroonde Olimpiese deelnemer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vanessa ·

Ek wonder of hy ook darm `n BMW en `n R 10,000,000 se horlosie gaan kry, soos Wayde Van Niekerk – Seker nie.

Great job well done ·

Chad, welldone jong man, jy werk hard en ek is bly die oes is groot vir jou harde werk!!!!! Geniet jou swem en bly jy!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.