Hulle loop voor in CrossFit Ope

Sara Sigmundsdottir. Foto: Facebook.

Die vierde week van die wêreldwye CrossFit Ope is hier en die nagenoeg 400 000 deelnemers moet vandag hul snatch-bewegings goed ken, aangesien hulle dié beweging ’n hele paar keer sal moet uitvoer.

Wêreldwyd is Jean-Simon Roy-Lemaire en Ysland se Sara Sigmundsdottir die voorlopers. Die fiksste man ter wêreld in 2018, Mat Fraser, is tans in die vierde plek.

Tia-Clair Toomey wat verlede jaar met die titel as die fiksste vrou by die CrossFit Spele weggestap het, is tans in die 10de plek, terwyl ander voormalige wenners – Annie Thorisdottir en Katrin Davidsdottir – onderskeidelik derde en 11de is.

Richard Froning – wat vir vier agtereenvolgende jare die CrossFit Spele gewen het – is in die 30ste plek. Hy het ’n swak 19.1 gehad (hy het 292ste ter wêreld klaargemaak), maar hy het sy stem weer in 19.2 (eerste) en 19.3 (agtste) dik gemaak.

Op die Suid-Afrikaanse front is Jason Smith die voorloper, met Dina Swift die beste vrou.

Suid-Afrika se AJ Visser. Foto: verskaf.

Smith het in 2017 vir Suid-Afrika by die Spele verteenwoordig.

  • Wêreldwyd:

Mans:

  1. Jean-Simon Roy-Lemaire
  2. Bjorg Gudmundson
  3. Lefteris Theofanidis
  4. Mat Fraser
  5. Zachery Buntin
  6. Travis Mayer
  7. Fredrik Aegidius
  8. Lukas Hogberg
  9. Samuel Cournoyer
  10. Jacob Hepner

Vroue:

  1. Sara Sigmundsdottir
  2. Amanda Barnhart
  3. Annie Thorisdottir
  4. Danie Speegle
  5. Brooke Wells
  6. McKenzie Riley
  7. Kristin Holte
  8. Jamie Green
  9. Karissa Pearce
  10. Tia-Clair Toomey

 

  • Suid-Afrika:

Mans:

  1. Jason Smith. Foto: Facebook.

    Jason Smith

  2. Richard Smith
  3. Justin Swart
  4. Trent Williams
  5. Branden Jacobs
  6. AJ Visser
  7. Richard Wollbodt
  8. Ruan Potgieter
  9. Dale Smith
  10. Estian Ferreira

Vroue:

  1. Dina Swift
  2. Michelle Basnett
  3. Vicky Polydorou
  4. Megan Joy Mileham
  5. Mariska Smit
  6. Elené Lourens
  7. Nicola Temperman
  8. Leilani Tison
  9. Leeverne Engelbrecht
  10. Lani Ras

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ANA ·

Sjoe,dis eintlik halfpad awesome om so fiks te wees…welgedaan aan wenners.

Maar aan, sus Sara opi foto wat wêreldwye wenner is,se verkeerde kant wil ek nooit beland ooit!! ?

Valerie ·

Waar vind dit plaas? Of is dit versprei in elke land? Kan nie uitmaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.