Internasionale skolerugby-skouspel op Stellenbosch

Kapteins en afrigters van die 20 deelnemende skole in Stellenbosch. Foto: Facebook.

Die Wêreldskolefees beloof om weer eens ’n driedrukskouspel te wees. Van die wêreld se beste skolerugbyspanne – waaronder Monument, Hilton College, Grey Kollege, SACS, Boland Landbou, Glenwood en Paarl Gimnasium – sak vandeesweek op die Markotter Stadion in Stellenbosch toe.

Glenwood High van KwaZulu-Natal het boonop die eerste wedstryd van die toernooi gewen, toe hulle John McGlashan 32-17 in die openingswedstryd geklop het.

Later vandag is Monument van Krugersdorp en Paarl Gimnasium in aksie.

Die week se bepalings:

  • 26 Maart:

SA Uitnodigingspan vs Wêreldskole-uitsoekspan (12:00); SACS vs Zambezi Steelers (13:30); Monument vs Hartpury College (15:00); Paarl Gimnasium vs Afrika Pasifiese Drake (16:30).

  • 27 Maart:

Affies vs Italiaanse All Stars (10:30); Boland Landbou vs Napier Boys’ High (12:00); Hilton College vs VSA Skole XV (13:30); Paul Roos Gimnasium vs Southland Boys’ High (15:00); Christchurch Boys’ High vs Grey Kollege (16:30).

  • 29 Maart:

SA Uitnodigingspan vs Zambezi Steelers (10:30); SACS vs Wêreldskole-uitsoekspan (12:00); Glenwood vs Afrika Pasifiese Drake (13:30); Paarl Gimnasium vs Hartpury College (15:00); Monument vs John McGashan (16:30).

  • 30 Maart:

Boland Landbou vs VSA Skole (10:30); Hilton College vs Italiaanse All Stars (12:00); Grey Kollege vs Southland Boys’ High (13:30); Affies vs Christchurch Boys’ High (15:00); Paul Roos Gimnasium vs Napier Boys’ High (16:30).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.