Is dit die Bulls se jaar?

Rosco Speckman het al met sy vaart beïndruk. Foto: GB Jordaan.

Durf jy dit al fluister? Of moet jy nog een of selfs vier wedstryde wag vóór jy dit eens mag dink? Maar as jy na die afgelope wedstryd teen die Lions gekyk het, lyk dit asof die Bulls uit die as gaan verrys om weer hul regmatige plek onder die top-Superspanne in te neem.

Ja, mag jy sê, die Pretorianers het skaars twee weke gelede, sleg teen die Jaguares gegly, maar Handré Pollard en Kie. se vertonings is soos ’n Elvis Blue-liedjie: Dit gee mens al amper rede om weer te glo.

Die Lions se aanvallende spel is verlede week uitstekend geneutraliseer terwyl die Pretorianers veel sterker gelyk het.

Hul verdediging sal weer op hul beste moet wees, veral as jy in ag neem dat die Sharks blitse soos Sbu Nkosi, Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi in hul geledere het.

Die Durbaniete sal ook weer ’n punt wil bewys ná hul wentrein verlede week deur die Stormers ontspoor is.

Curwin Bosch is op die plaasvervangersbank, met Rhyno Smith wat op heelagter begin. In Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe en Beast Mtawarira het hulle ook een van die meer opwindende voorrye in die kompetisie.

  • Die wedstryd skop Saterdag om 17:15 op Loftus Versfeld af. Dit word regstreeks op SuperSport1

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), Dylan Sage (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel en kaptein), Ivan van Zyl (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Tim Agaba (flank), Jannes Kirsten (flank), Jason Jenkins (slot), Hanro Liebenberg (slot), Trevor Nyakane (stut), Schalk Brits (haker), Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Tembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Sharks: Rhyno Smith (heelagter), Sbu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Jeremy Ward (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Robert du Preez (losskakel), Louis Schreuder (kaptein en skrumskakel), Daniel du Preez (agtsteman), Jacques Vermeulen (flank),  Wian Vosloo (flank), Hyron Andrews (slot), Gideon Koegelenberg (slot), Coenie Oosthuizen (slot), Akker van der Merwe (haker),  Tendai Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Fezokhule Mbatha, Juan Schoeman, Thomas du Toit, Ruben van Heerden, Phepsi Buthelezi, Grant Williams, Andre Esterhuizen, Curwin Bosch.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Allan ·

Sy hare lyk sleg – hy sleep die bulle se naam deur die moder

waarheid ·

Allan – jy kan nie spel nie – jy sleep jou eie naam deur die modder.

Neels ·

Ja wat droom maar . Julle vergeet so gou . Verlede jaar het die bulle ook met dieselfde wensdenkery begin .

Judge Dredd ·

Kon hulle al ‘n oorsese span wen hierdie jaar?

Nee, so dan moet ons maar wag en sien.

BlueB ·

Hoeveel SR bekers het die Stormers…0….Lions….0….Sharks….0 lol Bulls…3! Elke Final wat ons gemaak het, het ons gewen! Bulls gaan weer bo kom, of dit nou hierdie jaar of 2022 is, bo sal ons kom!

JG ·

Lions (wat nog TRANSVAAL was) was eerste SA-span wat SR-BEKER kon wen…jy was seker nog voor-skool BlueB…so ons sal jou verskoon.

Werner ·

Kom bo uit… met aangekoopte spelers van meestal Vrystaat. Julle geld droog op en lood se pa is ook nie meer finansieel baiesterk nie. Droom aan.

Jan Coetsee ·

Die wiel moet darem nou begin draai . Ons arme Blou Bul ondesteuners het darem nou lank genoeg “ge – suffer ” !

Frans C ·

Kom eers verby al die NZ-spanne,veral die Crusaders en moenie die beer se huid verkoop nie,voordat jul hom geskiet het nie.

Smirre ·

En die grootste monde en giftigste kommentaar is die stompies met nog steeds zero SR trofee’s maar hulle het darem volgende jaar ‘n nuwe coach. Weet ook nie of dit kan help met groot wedstryd temperament nie…….

Babertondaisy ·

En waarom is die Stompie ondersteuners so bitterbal ? Julle het volgende jaar ‘n nuwe coach – iets om na uit te soen na Fleck se getjommel. Maar sal nog geen SR bekers in jul trofee kas he nie. O ja bulls het reeds 3. En dis hoeveel punte die stompies teen die Bulls kon aanteken op Loftus. Het die Bulls se punte telling vergeet maar dink dit was om en by die 40…. ???

Frans C ·

Provinsialisme was nog altyd die doodsteek van Suid Afrikaanse rugby.Met soveel ster sewe-spelers uit die span na die 15-man kode,sukkel die Blitzbokke. Met goeie aankope
lyk die BUlle ‘n veel beter span.

Met al hul verliese is die Leeus ‘n skaduwee van die span wat driekeer die eindstryd kon haal.Die Haaie loop gevaar om 4 van hul sterspelers te verloor.Die Stormers sukkel,kry groot pak op Loftus en wen die Leeus danksy ‘n skeidsregter,wat nog blyer as die spelers was,toe sy ou span danksy,sy vrot blasery en blinde assistent skeidsregters,die wendrie druk.

Hoe goed is Suid Afrikaanse rugby nou met Rassie wat ‘n 50% swart span na die wêreldbeker wil stuur?Na al die jare leer ‘n mens darem wat goeie en swak spel is,ondanks al die reëlveranderinge.

Glo my as ek sê SA rugby is ondanks ‘n goeie vertoning,hier en daar nie op ‘n goeie plek nie,want as ‘n oorseese speler nou ewe skielik uitblink,moet jy weet dat die opposisie nie veel is om na die huistoe oor te skryf.

Wat ek wil sien is nie die verheerliking van een of ander span nie,maar ‘n kritiese ontleding van SA spanne se spel en waar hul te kort skiet en moet verbeter om mededingend te wees.

So sal die gehalte van die kommentaar ook verbeter.Ons kort 4 spanne van gelyke sterkte sodat die uitslag tot die einde in die weegskaal is,want in die land van die blindes
is eenoog koning.

Andrew ·

Dit lyk of hulle begin rugby speel, ek hoop net hulle wil sonder geel kaarte speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.