Jong skaakfoendies spook sake die naweek uit

skaakIn ʼn tyd wat wiskunde-onderrig en die wiskunde-slaagsyfer onder die loep kom, kan die opvoedkundige waarde van skaak nie oorskat word nie.

Skaak gaan nie oor konings, ruiters en pionne nie – dit gaan oor lyne en hoeke, opsies wat oorweeg en besluite wat geneem word. Dit verbeter hoëvlakdenke, gevorderde wiskundige en leesvaardighede.

ʼn Groot getal skaakspelende skoolkinders van oor die land, uit alle lae van die samelewing, neem vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskapsreeks deel.

Die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskapsreeks, die grootste skaaktoernooi wat in Suid-Afrika aangebied word, asook die grootste junior sportgebeurtenis van enige sportkode in Suid-Afrika, begin eerskomende naweek by die Birchwood Hotel & Konferensiesentrum in Boksburg, Gauteng.

Meer as 2 200 jong skaakfoendies van 6 tot 19 jaar oud neem in spanverband aan die toernooi deel. Hulle verteenwoordig hul onderskeie streke en die spankompetisie duur van 16 tot 19 Desember, gevolg deur ʼn individuele kompetisie van 20 tot 23 Desember.

Benewens die skaakspelers is daar ook meer as 400 beamptes, spanbestuurders en ander organiseerders by die reëlings van die skaaktoernooi betrokke.

Die hoofarbiter vir die toernooi is mnr. Ronald King, ʼn geakkrediteerde FIDE-arbiter en sedert 2015 ook ʼn internasionale skaakarbiter.

Die eerste ronde begin Vrydag 16 Desember om 09:00.

Die spankompetisie se prysuitdelingsfunksie vind plaas op Maandag, 19 Desember, om 15:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda van Mosselbaai ·

Wonderlik die geleentheid vir die skaakspelers – ons wens almal net die beste toe en aan al die grootmense dankie vir al julle hulp.

Oud skaakspeler – 1969 & 1970 Oos Moot
1971 – 1973 Hendrik Verwoerd skool

DR ·

Sterkte aan al die spanne, en deelnemers… Wat n sport! Oud skaak ouer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.