Junior mans se veggees nie genoeg in Wêreldbeker-hokkietoernooi

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Suid-Afrikaanse junior manshokkiespan het Donderdagmiddag ondanks ʼn 2-4-neerlaag teen Engeland in hul eerste wedstryd by die junior Wêreldbekertoernooi in Lucknow, Indië, met hul veggees beïndruk.

Die Suid-Afrikaanse span was ná 11 minute van die wedstryd reeds 0-3 agter. Maar hulle het verbete teruggeveg, die Engelse span goed in toom gehou en in die 56ste minuut die voorsprong van Engeland na 3-2 laat krimp.

Matthew de Sousa het in die 13de minuut Suid-Afrika se eerste doel aangeteken en Ryan Crowe het in die 56ste minuut ook met ʼn doel geslaag om die telling 2-3 te maak.

Met net agt minute speeltyd oor was Suid-Afrika nog sterk in die prentjie. Maar Engeland het in  die 62ste minuut hul vierde doel aangeteken en die wedstryd 4-2 beklink.

Suid-Afrika speel Saterdag teen Kanada terwyl Engeland en Indië sake vir die waarskynlike eerste plek in groep D sal uitspook. Suid-Afrika speel Maandag teen die gasheerland Indië.

♦  Die junior vrouehokkiereeks in die Wêreldbekertoernooi wat verlede maand in Santiago, Chili, gespeel is, was ʼn teleurstelling vir Suid-Afrika. Die span het 14de uit 16 lande geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Waarheid ·

Nogal verloorsiekte want (Wenmentaliteit) ontbreek by meeste van ons sport.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.