Suid-Afrika se wegholsneltrein, Kagiso Rabada, se 52 paaltjies in die 2018-toetskalenderjaar het hom ’n plek in die IKR se wêreldtoetsspan losgeslaan.
Die jong blitsbouler is die voorste toetsbouler in wêreldkrieket en hy het die paaltjies teen ’n topgemiddeld van 20.07 ingeoes.
Hy is egter die enigste Protea wat die toets- óf eendagspan gehaal het. In die toetsspan is Jason Holder (Wes-Indië), Natahan Lyon (Australië), Jasprit Bumrah (Indië) en Mohammad Abbas (Pakistan). Niemand het egter soveel paaltjies as Rabada geneem nie.
Tog was Kohli die aand se groot wenner. Die Indiese superster het in 2018 ’n verstommende 1 322 lopies teen ’n gemiddeld van 55.08 in toetskrieket geslaan en hy is welverdiend as die kaptein aangewys.
Sy spelpeil in kitskrieket was selfs beter. In 14 eendagwedstryde het hy 1 202 lopies gemoker teen ’n belaglike gemiddeld van 133.55 lopies per kolfbeurt.
Wêreldtoetsspan:
Tom Latham (Nieu-Seeland), Dimuth Karunaratne (Sri Lanka), Kane Williamson (Nieu-Seeland), Virat Kohli (Indië), Henry Nichols (Nieu-Seeland), Rishabh Pant (Indië), Jason Holder (Wes-Indië), Kagiso Rabada (Suid-Afrika), Nathan Lyon (Australië), Jasprit Bumrah (Indië), Mohammad Abbas (Pakistan).
Wêreldeendagspan:
Virat Kohli (Indië), Rohit Sharma (Indië), Jonny Bairstow (Engeland), Joe Root (Engeland), Ross Taylor (Nieu-Seeland), Jos Buttler (Engeland), Ben Stokes (Engeland), Mustafizur Rahman (Bangladesj), Rashid Khan (Afghanistan), Kuldeep Yadav (Indië), Jasprit Bumrah (Indië).
Daai lyk soos Ngidi… maar ja, wat maak dit nou saak aan die inhoud van die artikel
Die hoofopskrif dui aan dat dit die 2018 span is. Dit moet seker 2019 se span wees
Dagsê George
Die eerste paragraaf verwys inderdaad na Kagiso Rabada se prestasie in 2018.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Die kwotas is toe op die ou end glad nie so sleg nie.