Kan SA se Grand Slam-wendroogte verbreek word?

Kevin Anderson – deur na die halfeind (Twitter @Kevin Anderson)

Pablo Carreño Busta het, tot met die halfeind van die mansenkelspel in die Amerikaanse Ope, nie ʼn enkele stel in die toernooi afgestaan nie.

En toe gaan hy in hierdie trant voort teen Suid-Afrika se Kevin Anderson en wen die eerste stel in die halfeind.

Maar dit is toe waar dit eindig, met Anderson wat die volgende drie stelle gewen en na die eindronde deurgedring het. Die telling was 4-6, 7-5, 6-3, 6-4.

Daarmee het Anderson die eerste Suid-Afrikaner sedert Kevin Curren in 1983 geword wat ʼn enkelspel-eindstryd in ʼn Grand Slam haal.

Anderson (28ste gekeur) kom in die eindstryd van die toernooi teen die eerste gekeurde Rafael Nadal te staan wat Vrydagaand redelik maklik in vier stelle met Juan Martin del Potro klaargespeel het. Die  telling was  4-6, 6-0, 6-3, 6-2.

♦  Geen Suid-Afrikaner het nog ʼn enkelspeltitel in enige van die Grand Slams gewen nie – nie in die ope- of beroepsera nie.

Curren het in 1983 op Wimbledon twee van die grotes, Jimmy Connors en John McEnroe, op pad na die finaal geklop waar hy teen die 17-jarige Boris Becker vasgeval het – die jongste wenner nóg oop Wimbledon.

Curren het wel die dubbelstitel in die Grand Slams in die VSA, Australië en op Wimbledon gewen.

♦  Die laaste Suid-Afrikaanse tennisspeler wat die enkelspel-halfeindronde gehaal het, was Wayne Ferreira wat in 1992 en 2003 in die Australiese Ope van die finaal weerhou is.

♦  Cliff Drysdale het twee keer die halfeind in die Franse Ope en ook op Wimbledon gehaal, in albei gevalle in 1965 en 1966. Hy het darem  ʼn Amerikaanse ope-titel saam met Roger Taylor in die dubbels gewen.

♦  Eric Sturgess het twee keer in die Franse Ope (1947 en 1951) en in die Amerikaanse ope (1948) in die finaal verloor,

♦  Sandra Reynolds het in 1960 die eindronde op Wimbledon gehaal waar sy deur Brasilië se Maria Bueno geklop is.

♦  Brian Ivan Cobb Norton is in 1899 op Robbeneiland gebore en het in 1921 in die eindronde van Wimbledon verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rupert Ashford ·

Wat van Johan Kriek in 1981 by die Aussie Ope? Tegnies kan ons dit maar vir ons vat…;-)

Ja, wel ·

1981 kom voor 1983, dis as n droogte gebreuk is in sport… Tel 1981 nie as die droogte eers in 1983 begin het nie?

Rupert Ashford ·

Lees die paragraaf net voor 1983. Hulle se “geen Suid Afrikaner. ..”. Kriek het dit in 81 gedoen net voor hy Amerikaanse burger geword het. Mens kan ook Frew Mcmillan by die lys van wenners sit. En het Danie Visser hulle nie ook dubbels grand slams gewen nie? Sterkte teen die stiervegter Kevin – dit gaan ‘n harde finaal wees.

Manie ·

Wat ek waardeer van sy prestasie is dat daar geen inmenging van die regering was. Jy’s n yster.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.