Kapteins gaan Jukskei-derby misloop

Lood de Jager. Foto: Facebook.

’n Derby tussen die Bulls en die Lions sorg altyd vir ’n watertandontmoeting, maar dié keer sal beide spanne sonder hul eerstekeusekapteins wees.

Die Johannesburgers se inspirerende kaptein, Warren Whiteley, het ’n borsspierbesering tydens sy span se kragmeting teen die Stormers opgedoen.

Dan het die Bulls se Lood de Jager sy skouer teen die Argentyne in Buenos Aires beseer.

Whiteley se besering kan hom tot agt weke op die kantlyn hou, terwyl De Jager vir ten minste twee weke buite aksie sal wees.

Dit beteken dat hy die Pretorianers se kragmeting teen die Sharks ook sal misloop.

Warren Whiteley – beseer (Foto GB Jordaan)

Die Lions beskik weliswaar oor ’n hele trop losvoorspelers om Whiteley se agtstemanskoene vol te staan, maar wie die kapteinsarmband gaan dra, is egter ’n ander storie.

Elton Jantjies het verlede week teen die Stormers die kapteinsmantel gedra toe die 31-jarige Whiteley net voor rustyd die veld verlaat het.

Daarteenoor is die Bulls se slotkas maar leeg. Met De Jager en RG Snyman op die krukkelys en Hendré Stassen by Stade Franςais, kan Jannes Kirsten en Eli Snyman in die Bulls-lynstane rank.

Handré Pollard sal die span aanvoer.

  • Die derby skop Saterdag om 15:05 af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

duiwelsadvokaat ·

Ek eis om te vra wie die skeidsregter gaan wees….deesdae lyk dit my hang die uitslag van die “ref” af.

Hennie ·

Paul Williams van NZ, hy het vir Egon Seconds vervang. Dankie tog.

Jean. ·

Solank dit net nie weer Egon is nie! Hy blaas mos met sy hart…Die ou is glad nie op standaard nie,swak om die minste te se!Hy verstaan nie dat die oe op hom was nie juis oor hy n x wp spelers is en trap toe wragtig in die strik van om n kant te kies in n wedstryd en dit was duidelik…Sommige dommies skree suurdruiwe ander se weer die spel is korrup, met Seconds wat geblaas het definitief korrup!!!!

Derick ·

Gelukkig blaas Pyper die game tussen die Sharks en Stomers en nie X WP speeler Seconds nie.

Ai. ·

Ja nee gewis..anders was die Sharks alreeds te minste 10 punte agter met seconds as 16de man vir die Wp nog voor die spel begin het! Go Sharks !

LOL ·

Gelukkig is daar genoeg eks-Stormers spelers betrokke om dit ‘n mooi wedstryd te maak tussen Lions en Bulls.

Swartwolf ·

Ja sure stompies gaan kla omdat die ref hulle nie laat wen het soos second class nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.