Kiwi gaan Bulls/Lions-wedstryd blaas

Paul Williams. Foto: Facebook.

Die Kiwi-blaser, Paul Williams, gaan die wedstryd tussen die Lions en die Bulls op Ellispark hanteer.

Williams se skeidsregterloopbaan het in 2012 begin en skaars twee seisoene later was hy ’n lid van Nieu-Seeland se Hoëprestasie-skeidregterpaneel.

Hy het sy Superrugby-debuut in 2016 gemaak en het ook al verskeie internasionale toetse hanteer. Hy sal Saterdag deur Cwengile Jadezweni en Griffon Colby bygestaan word.

Egon Seconds. Foto: Facebook.

Intussen sal Egon Seconds die assistent-skeidsregter vir die Stormers/Sharks-tweestryd in Durban wees. Seconds het hom verlede week die gramskap van Lions-ondersteuners op die hals gehaal vir die wyse waarop hy die kragmeting op Nuweland hanteer het.

Suid-Afrika se voorste skeidsregter, Jaco Peyper, sal wet en orde in dié wedstryd toepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Agneehel ·

Hoe kan hy weer by n stormers game betrokke wees. Dis n grap

Bekommerd ·

SARU is seker bang as hulle hom nie gebruik nie, trek hy n Willemse op himself.

Stem ·

Stem 100 % saam, maar dis ongelukkig die enigste manier wat die stormers enige punte op die telbord gaan kry!! Benodig al die hulp wat hulle moontlik kan kry.

Bekommerd ·

Kyk enige iemand behalwe daai X WP speeler om te blaas. Glo tot Julius Malema sal beter blaas as Seconds.

Hendrik UAE ·

Hemel maar die Stormers ondersteuners is lank voor die tyd al op verdediging en aan’t verskonining soeke ne?

Nico ·

Stormers het weer goeie wen kans. Jaco doen sy bes om hulle op die telbord voor te hou. Hy nou nog boonop vir Seconds om hom daarmee te help. Wat ‘n kombinasie!

Swartwolf ·

Peyper is ‘n baie meer ervare en toets skeidsregter hopelik sal hy die stompies en hul verneuk streke in toom hou. As daar nie ‘n ref is wat vir die stompies blaas nie sien ek uit na ‘n tweede loftus in die shark tank. Die haaie se voorste agt is great en kan die suid oostertjies vinnig pap speel veral as die kaptein van die stompies weer na 10 min wegraak in die spel want dit is te hard.

LOL ·

@ Stats lieg nie : Die verskil tusen Peyper en Seconds is dat Peyper slim verneuk. Die strafskoptelling is maklik om te manipuleer om indruk te skep van onpartydigheid; die tydsberekening en die posisie op die veld is van groter belang en het die meeste impak.

jannie ·

Ek dink dis tyd om weer vir freek burger nader te trek..vandag se refs kroek geweldig….

Ai. ·

Seconds moet eintlik nie eers lynregter blaas vir soweto se C span nie!

Tony ·

Almal het vergeet dat Egon die Blou Bulle uit die currie beker geblaas het teen stormers in semi-finaal. Selfs Breyton Pulse het gese Egon het foute gemaak, “maar hy is nog nuut, ons moet hom kans gee” Wat ‘n grap… hahaha.
Soos die wyse manne se: ” hy moet eers op skoolvlak gaan leer – hy is nog nie reg nie!!!”

Duiwelsadvokaat ·

Ironies dat na al die stormer ondersteuners geen fout met seconds se hantering van die lions wedstryd gevind het nie, hy sommer gedemote is vir die volgende wedstryd as skeidsregter. As hy dan so regverdig geblaas het, hoekom word hy vervang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.