Kiwi wen Kaapstad-fietstoer

Sam Gaze. Foto: Facebook.

Die Nieu-Seelandse bergfietsryer Sam Gaze het vanoggend sy padfietsbroek aangetrek en die 41ste weergawe van die Kaapstad‑fietstoer gewen.

Hy het die 109 km van die elite-afdeling in ’n tyd van 02:39:42 afgeblits. Kort op sy hakke was Suid-Afrika se Jason Oosthuizen gevolg deur Clint Hendricks.

Gaze het verlede jaar tweede viool teen Nolan Hoffman gespeel, maar hy is vanjaar die eerste buitelander in meer as ’n dekade wat dié wedren wen.

In die vrouewedren het Cherise Willeit van Investec Songo haar vierde titel opgeraap. Sy het die 78 km in ’n tyd van 02:16:11 voltooi.

* Die voorlopige elite-mansuitslae (109 km):

  1. Sam Gaze (Specialized) 2:39:42
  2. . Jason Oosthuizen (TEG Procycling)
    3. Clint Hendricks (ProTouch)
    4. Jayde Julius 2:39:42
    5. Dan Craven ST
    6. Calvin Beneke ST
    7. Nicholas Dlamini ST
    8. Byron Munton ST
    9. Dylan Girdlestone2:39:45
    10. Stefan de BodNST

* Die elite-vrouewedren (78 km):

  1. Cherise Willeit (Investec-Songo) 2:16:11
    2. Kim le Court (Demacon-Max Wax) ST
    3. Tiffany Keep (Titan Racing Bikes) ST
    4. Elinor Barker (Matrix Fitness) ST
    5. Candice Lill (Summit) ST
    6. Carla Oberholzer (Demacon-Max Wax) ST
    7. Samantha Sanders (dormakaba) ST
    8. Kelsey van Schoor(African Pride-Bestmed) ST
    9. Hayley Preen (UCT Cycling Club) ST
    10. Jo van de Winkel (Cycle Nation) ST

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

IK ·

En die een wat die skoot afgetrek het vir die begin was niemand anders as ons nou beroemde Marelize van ‘ my føc Marelize’-faam.

Felix ·

IK en daar bederf jy my dag. Ek het dit vanoggend so skramsweg op Netwerk24 gesien en toe bly ek die heel dag daar weg en hier hop jy met jou briljantheid uit.

Felix ·

Aanvanklik wou ek vroeg oggend kommentaar lewer, maar toe dag ek as die mense hier ‘n berig wou plaas, sou hulle dit al gedoen het, want ek sien hulle het genadiglik ook van ander beriggewing, soos daai een oor die vliegtuig en nog een voor dit, weggebly.

LK ·

Hoe iemand soveel aandag kry oor n baie duidelike fake video, verstaan ek nie.

Felix ·

Kosmos is ‘n mooi naam, oorweeg dit, dit laat mens aan pastelkleure dink, mens ruik die klomme.

Kerneels ·

Em toe wys die MTB vi die roadies hoe ry mens nou éintlik bicycle! ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.