Kolisi gekap oor rassekwota-uitlatings

Beauty Dlulane, voorsitter van die portefeuljekomitee oor sport en rekreasie. Foto: www.parliament.gov.za.

’n Paar dae ná die Springbokkaptein, Siya Kolisi, hom oor rassekwotas in sport uitgespreek het, het die regering sy uitlatings as “betreurenswaardig” bestempel.

Kolisi het aan ʼn Japannese nuusagentskap gesê oudpresident Nelson Mandela sou waarskynlik nie met rassekwotas in sport saamgestem het nie.

Beauty Dlulane, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport, het gesê transformasie is noodsaaklik in Suid-Afrika.

“Kwotas in sportkodes wat nie genoegsaam getransformeer is nie – veral rugby op nasionale vlak – is ’n manier om transformasie toe te pas. As sommige sektore sloer om deel te word van die nuwe Suid-Afrika – soos wat ons in rugby en krieket op nasionale vlak sien – dan ondersteun die komitee die gebruik van die kwotasisteem.”

Sy het Kolisi se uitlatings as hartseer “bestempel” en sportmanne en -vroue gewaarsku om nie hul menings oor rassekwessies te gee nie.

“Hul menings mag dalk as onsensitief geïnterpreteer word ten opsigte van die werklikheid in Suid-Afrika. Ons is ’n diverse nasie; transformasie is regeringsbeleid en sal so bly solank nodig.”

Met dié dat ’n teiken van 50% swart en bruin Springbokspelers vir die 2019-Wêreldbeker te wagte is, is Kolisi se kommentaar in teenstelling met die algemeen aanvaarde beleid.

Siya Kolisi. Foto: GB Jordaan.

“Ek dink nie hy [oudpresident Mandela] sou kwotas gesteun het nie, maar tog ken ek hom ook nie persoonlik nie. Ek weet wel dat ek nie gekies wil word vir die Springbokke op grond van my velkleur nie – dit sal nie goed wees vir die span nie en jou spanmaats sal weet [waarom jy gekies is],” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat ’n mens nie ’n getal aan die aantal swart en bruin spelers by die Wêreldbeker moet koppel nie en meen dat transformasie eerder op voetsoolvlak moet begin as by die nasionale span.

Die 27-jarige Kolisi het in die Zwide-plakkerskamp net buite Port Elizabeth grootgeword, waarna hy die geleentheid gekry het om aan Grey High School te studeer.

Hy het Suid-Afrika vir die eerste keer op 9 Junie op die veld gelei. Hy is ook genomineer vir ’n Laureus- sporttoekenning.

Op 9 Junie 2018 het hy die Springbokke vir die eerste keer op Emirates Airline Park uitgelei en het ’n wenrekord van 50%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SjN ·

In watter rugby span het Beaty in haar lewe gespeel , wat van sokker kwotas, dis hoekom dit so swak vaar, so indirek erken Kolisi dat hy ook maar net daar is om een rede.

Delmi ·

Kolisi verdien sy plek in die span en as kaptein beslis nie daar oor sy velkleur nie!

Wonder maar net ·

Dit gaan nie oor beleid nie, dit gaan oor die beste spelers op die veld – mooi so Kolisi!

Johanna Botha ·

Ag ignore haar ! ….wat weet sy nou al wat haar dryf is poletiek wat rasgedrewe is ….dit is hoe sy is waar sy is …..?

JHB ·

Pas eerder transformasie toe op sokker – nasionale vlak! Kolisi, ek ondersteun jou op en van die rugbyveld!

W ·

Persoonlik dink ek gee hom n bell’s. Hoog tyd ,wens in ons werks plek kan dit ook gebeur.

Riana ·

Kolisi is reg. Geen mens met selfrespek sal op grond van rassekwotas en nie op grond van meriete gekies wil word nie. En sedert wanneer het sportlui nie ‘n reg op ‘n opinie nie? Welgedaan Kolisi – nie net omdat jy jou plek in die span verdien nie, maar ook omdat jy die mannemoed het om die waarheid te praat.

Essie ·

Mense jy kani n vrug ryp druk nie so as hy nie verdien om in n span te weesi laat hom uit en hoekom is daar nie een blanke in die sokker nie ek noem hul anders as wat hul naam daarna uitsien.

Pietman ·

Meer spelers moet hulle in die publiek uitspreek daarteen. Sensitiewe politici se dinges.

JPV ·

Eina! Die waarheid maak seer. Mooi Kolisi en jy speel darem nie te vrot.

Hannes van den Berg ·

Kolisi,lig die spelpeil en knip dan oog vir haar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.