Kolisi: ‘Madiba sou nie kwotas steun’

Siya Kolisi die Springbokke se kaptein, voel dat oudpresident Nelson Mandela nie rassekwotas sou steun nie. (Foto Facebook)

Die eerste swart kaptein van die Springbokke, Siya Kolisi, het in Japan gesê dat Nelson Mandela waarskynlik teen die implementering van kwotas om die nasionale span te kies, gekant sou wees.

Met dié dat ’n teiken van 50% gekleurde Springbokspelers vir die 2019 Wêreldbeker te wagte is, is Kolisi se kommentaar in teenstelling met die algemene aanvaarde beleid.

“Ek dink nie hy (oudpresident Mandela) sou kwotas gesteun het nie, maar tog ken ek hom ook nie persoonlik nie. Ek weet wel dat ek nie gekies wil word vir die Springbokke op grond van my velkleur nie – dit sal nie goed wees vir die span nie en jou spanmaats sal weet (waarom jy gekies is),” het hy aan ’n Japannese nuusagentskap gesê.

Hy het bygevoeg dat mens nie ’n getal aan die hoeveelheid gekleurde spelers by die Wêreldbeker moet koppel nie en meen dat transformasie eerder op voetsoolvlak moet begin as by die nasionale span.

Die 27-jarige Kolisi het in die Zwide-plakkerskamp net buite Port Elizabeth grootgeword, waarna hy die geleentheid gekry het om aan Grey High School te studeer.

Hy het Suid-Afrika vir die eerste keer op 9 Junie op die veld gelei. Hy is ook genomineer vir ’n Laureus sporttoekenning.

Op 9 Junie 2018 het hy die Springbokke vir die eerste keer op Emirates Airline Park uitgelei en het ’n wenrekord van 50%. Sy span het egter wel met die All Blacks in Nieu-Seeland afgereken, terwyl hulle met Frankryk en Skotland in hul Europese toer klaargespeel het.

“Jy kan nie iemand vir die Springbokke kies bloot omdat sy vel die regte kleur is nie. Maar in Suid-Afrika is dinge moeilik want daar word seges verwag en terselfdertyd transformasie.”

In die 1995 Wêreldbekereindstryd het die Springbokke net een gekleurde speler – Chester Williams – op die veld gehad, terwyl JP Pietersen en Bryan Habana 12 jaar later diens in Parys gedoen het.

Maar met spelers soos die blitsige Aphiwe Dyantyi, Kolisi en Makazole Mapimpi in hul geledere, het die Springbokke waarskynlik genoeg spelers van kleur wat op meriete gekies kan word.

“Ek dink al wat president Mandela wou gehad het, is ’n beter Suid-Afrika.”

Kolisi is ook een van die genomineerdes by die toonaangewende Laureus sporttoekennings.

Die Springbokke se bepalings vir die 2019 Wêreldbeker (met die SA tye):
21 September teen Nieu-Seeland (11:45)
28 September teen Namibië (11:45)
4 Oktober teen Italië (11:45)
8 Oktober teen Kanada (12:45)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

B-man ·

Skielik het Kolisi gegaan van sub-standaard, na een-van-die-beste kapteine, in my boekie.

DieOorspronklikeBlaarman ·

Yster! So ‘n stelling verdien my respek!

Arie ·

Sommer respek vir hom gekry maar ongelukkig het die regering ons rugby in ‘n gemors verander en is dit nie meer die moeite werd om R400 vir supersport te betaal nie

marco polo ·

Dink Kolisi regtig hy sou die span gehaal het as hy wit was?

Rinkhals ·

Ek vra ook die vraag. Eerstens as speler, tweedens as kaptein.

kolla ·

Definitief toe hy op vorm was. Soos meeste ander spelers se spelpeil wissel syne ook maar van goed tot swakker, nie ‘n unieke situasie nie. Daar is ander spelers wat ook nie op vorm is nie maar gekies word, dis niks nuuts nie.

Rinkhals ·

Dis goed dat Kolisi homself uitspreek teen kwotas. Die skade wat dit aan Springbok rugby en die sport as geheel doen is amper onherstelbaar. Praat nie van die skade wat dit aan spelers doen nie. Wonder wat die gevolge gaan wees van sy uitlatings ?? Die kwota profete gaan definetief iets te se he.

JMC ·

Teoreties maak kwotas die lewe makliker vir almal, want dan hoef jy nie beter as almal te wees nie, net beter as die ander in jou ras.

Andre ·

Ek het my smaak vir rugby heeltemal verloor, die regering beheer die sport. Hoekom is daar nie `n quota in sokker nie? Want hulle is te useless en rugby volg nou dieselfde pad.

Too little too late, she cried.

kolla ·

Sokker voldoen aan die kwota. Een wit speler uit 11 is voldoende.

Swartwolf ·

Sokker voldoen aan kwotas. 1996 SA CAF beker wenners en 12 de in die wereld. 2018 geen kwalifikasie vir wereldbeker of CAF en 72 ste op ranglys. Dis duidelik kwotas werk oor tyd. Rugby besig om selfde pad te gaan. Dan is daar nog narre wat kwotas wil aanpraat.

Allan ·

Hy is ook ‘n kwota speler veral die kaptein gedeelte – punt

Swartwolf ·

As ‘n speler vergelyk met huidige twee beste ander losvoorspelers – Pieter Steph en Duane Vermeulen. As ‘n kaptein en leiersfiguur vergelyk met Francois Pienaar, John Smit, Gary Teichman. Stem saam met Allan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.