Kom luister na nog ’n Agterblad-episode

Foto: Verskaf.

Die Agterblad-manne kom vandeesweek byeen om oor die Stormers te gesels wat steeds vriend en vyand beïndruk.

Die Kapenaars het teen die Lions so wrintiewaar Agterblad se raad gevolg deur Damian Willemse en Warrick Gelant saam in hul agterlyn te ontplooi.

Dan geniet die Sharks se goeie vertoning op Loftus Versfeld teen die Bulls aandag, met Morné Steyn se rooi kaart wat ’n deurslaggewende rol in die uitslag gespeel het.

Krieketgewys word die hoogtepunte van die pasvoltooide Indiese Premierliga-veiling bespreek, terwyl daar ook ’n lekker voorskou vir die Proteas se wedstryd teen Nieu-Seeland aangebied word.

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.