AB, Cameron verwoes Britse boulers

AB de Villiers in aksie vir Middlesex. Foto: Facebook.

AB de Villiers het die naweek op Lord’s gewys waartoe hy in Engelse toestande in staat is, toe hy sommer so met die intrapslag ’n onoorwonne 88 lopies van slegs 43 aflewerings vir Middlesex teen Essex geslaan het.

Die 35-jarige superster se blitsige beurt het gehelp dat Middlesex die wedstryd met sewe paaltjies gewen het. In ’n onderhoud ná die wedstryd het De Villiers gesê dat hy sy eie verwagtinge oortref het, maar dat hy onmiddellik tuis in die Engelse span se kleedkamer gevoel het.

De Villiers is egter nie die enigste Suid-Afrikaanse kolwer wat amok in die Vitality Blast-reeks maak nie.

Die Dolphins-breker, Cameron Delport, speel vir Essex en hy was in ’n verwoestende bui teen Surrey toe hy ’n honderdtal van net 38 aflewerings gemoker het.

Hy het uiteindelik 129 lopies aangeteken en hy teken sy lopies teen ’n ongelooflike treftempo van 247,16 in die reeks aan.

Ander Suid-Afrikaners is Ryan ten Doeschate (wat in Port Elizabeth gebore is en nou vir Essex speel), Collin Ingram (Glamorgan), Dawid Malan (op Paarl Boys’ High sy skoolloopbaan voltooi en nou vir Middlesex in aksie), Jacobus du Plooy (Derbyshire), Dane Villas (Lancashire) en Riki Wessels (Worcestershire).

  • Die voorste Suid-Afrikaanse kolwers:
  1. Cameron Delport: twee wedstryde, 131 lopies, hoogste telling van 129 en ’n treftempo van 247,16
  2. AB de Villiers: een wedstryd, 88 lopies, hoogste telling van 88* en ’n treftempo van 204,65.
  3. Collin Ingram: twee wedstryde, 67 lopies, hoogste telling van 50* en ’n treftempo van 167,50
  • Onder die boulers tel Roelof van der Merwe, Kyle Abbott en Hardus Viljoen onder die bestes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JA NE ·

plaas proteas maar trots in sak gesteek het met wereldbeker….

ChrisE ·

Ek is nie een wat aan sameswerings teorieë en ander soortgelyke snert glo nie. Ek is of raak nie sommer swartgallig oor enige iets nie. Ek hoop net nie die Springbokke verval in dieselfde groef as die Proteas nie. Ons het mense nodig wat op hul voete kan dink. Die krieketafrigter wat die Proteas tans het, wie en wat het hom aangestel. Ons sit in SA met die beste afrigters. Dit is plein net moedswilligheid, kortsigtighied en blatante teistering van die persone wat nie in posisies hoort nie. Ek glo natuurlik dat elke hond sy dag kry, ‘n brak kry ‘n langnaweek

Trevor ·

Jaaa, AB, skielik is jy nie meer moeg nie, ne? Toe SA jou nodig gehad het, speel jy wegkruipertjie. Net om jou te “blok myself” die aand voor die span bekend gemaak word. Die tweede beste kolwer in die geskiedenis maak toe so…..

Jean ·

Jy verstaan toe verkeerd ouboet hy het homself beskikbaar gestel nadat hy uit getree het maar toe besluit hul spiertjies Faf en Otis lotus hul sou reg kom sonder hom! Kry net bietjie jou feite agter mekaar voor jy klomp oningeligte nonsens praat Trevor! Hul het uit vorm en Amla en JP bo hom AB gekies en het gevoel dit is onregverdig om AB saam te vat aangesien hy uit getree het… Maar hy AB het daarna toe gese het hy sal speel sou die Proteas hom benodig! Maar hul kies toe eerder n ander paar gekroktes en oupas en uit vorm spelers en kry toe wat hul toekom! AB was beskikbaar en het FAF laat weet maar HULLE WOU HOM NIE KIES NIE…hoe moelik kan dit wees om te verstaan daar is nie n reel wat se hy kan nie meer speel na sy uittrede nie!!!! Lees die artikel so paar weke terug asb ! En nou wys hy almal wat wil gal braak wat hul in hom gemis het!!! Hehe! ..ai ja hy sou n hengse verskil gemaak het!!! Sorry boys wag maar nog vier jaar…miskien dan ne….Stamp daai koppe bietjie teen die muur en se harde kop word sagte kop ter nabetragting ne!

JohanL ·

Ek wonder of AB by NABETRAGTING nie sy uittrede destyds eerder anders sou wou hanteer nie? Dit was vir my nogal ‘n verrassing destyds dat hy amper “uit die bloute” uit alle vorms uitgetree het. Ek het regtig gedink die spanbestuur sou tegemoetkomend gewees het om hom net in ODI en T20 krieket te speel, soos sommige ander spelers. So dit sou nie ‘n unieke, snaakse besluit gewees het nie. Maar AB het toe verkies om amptelik uit alle vorms uit te tree en wou nie kieskeurig wees nie. Ek dink dit was ‘n fout gewees van sy kant af, maar ons moes sy amptelike verduideliking aanvaar en respekteer.

Die klomp lopies wat verskeie spelers nou slaan in die Vitality Blast, moet ook darem net in perspektief gesien word. Die vlak van krieket is darem laer as internasionale krieket (en weliswaar beter as ons plaaslike krieket, wat amper geen maatstaf is nie).

Joke! ·

JohanL ek se weer wie weet hoekom hy gekies het om uit te tree weetend voor die WB MAAR FEIT BLY STAAN HY AB HET GESE HY SAL SPEEL AS DIE PROTEAS HOM BENODIG! Verstaan jy ouboet? HUL het toe die keuse gehad maar gese NEE! EN toe betaal hul n hard vernederende prys! Verstaan jy of moet ek spoeg en plak met prentjies vir jou teken? Iets se my kwotas het n rol gespeel!

ChrisE ·

Ongelukkig bestaan die Kunsterade soos TRUK en andere nie meer nie. Want so wat van konserte het ek nog nooit in my lewe gesien nie. Die administratueurs en beheerliggame is groter as die spelers en die spel. (Letterlik en figuurlik) Jy kan eerder ‘n “af vorm” speler saamvat as ‘n speler op krukke. Dit is mos voor die hand liggend. Hoe moeilik kan dit dan tog wees?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.