AB gaan die krane in Australië oopdraai

AB de Villiers sal vir die Brisbane Heat in die Big Bash League speel. Foto: Facebook.

Die Big Bash League – Australië se plaaslike T20-kompetisie – het ’n  allemintige haas uit die hoed gepluk toe AB de Villiers aangekondig het dat hy vir die Brisbane Heat sal speel.

Die 35-jarige sterkolwer het dié nuus op sosiale media bevestig en hy sal vir die tweede helfte van dié mik-en-moker‑reeks vir die span beskikbaar wees.

De Villiers sal Kersfees saam met sy gesin deurbring en behoort vroeg volgende jaar in die Heat se kleure te siene wees. Die Heat speel op 6 Januarie teen die Sydney Thunder. Daar word egter berig dat hy waarskynlik sy debuut op 9 Januarie teen die Hobart Hurricanes sal maak.

Die Suid-Afrikaner is een van wêreldkrieket se mees verwoestende kolwers en sy internasionale uittrede verlede jaar het ’n massiewe leemte in die Protea-kolflys gelaat.

Hy sal vir die Tshwane Spartans in die plaaslike Mzansi Superliga speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ja nee ·

Die voordeel van sy uitrede uit internasionale krieket, by kan se hy wil Kersfees by sy familie wees.

Terrence ·

Is dit dieselfde AB wat te moeg was om vir SA te speel? O nee, hy wou mos die aand voor span aangekondig is sy terugkeer maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.