AB gereed vir IPL-aksie

AB de Villiers. Argieffoto.

AB de Villiers is gereed om weer eens verwoesting met sy kolf in die Indiese Premierliga te saai. Dié T20-krieketskouspel word vanjaar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel.

Die 36-jarige kolfster speel saam met Dale Steyn vir Virat Kohli se Royal Challengers Bangalore (RCB).

“Dit is die laaste dag van kwarantyn hier in Dubai en ek kan nie wag om vir die Royal Challengers Bangalore te speel nie,” het hy vroeër vandag op sosiale media gelaai.

De Villiers geniet heldestatus onder Indiese krieketliefhebbers en hy is deur ’n keurkomitee wat uit 20 voormalige krieketspelers bestaan as die beste kolwer in die geskiedenis van die toernooi aangewys.

In 154 wedstryde vir die Royal Challengers Bangalore het hy 4 395 lopies teen ’n gemiddeld van 39,95 geslaan, terwyl sy treftempo ’n ongelooflike 151,23 was. Hy het reeds 33 vyftigtalle en drie honderdtalle geslaan; met ’n hoogste telling van 133.

Die foto wat De Villiers vandag vanuit Dubai op sosiale media gelaai het. Foto: Facebook.

Volgens RCB se breier, Mike Hesson, kan De Villiers en Steyn steeds baie vir die span bied; al het hulle min krieket agter die blad.

“Net ’n paar weke gelede was hy, sonder om te oefen, een van die beste spelers in ’n wedstryd in Suid-Afrika. Dit het net weer eens sy waarde en talent onderstreep,” het Hesson van De Villiers gesê.

“Hy voel goed en is lekker uitgerus. Hy is oudergewoonte weer een van die spelers wat nie kan wag om te speel nie.”

Volgens Hesson spog Steyn met nuwe wapens in sy arsenaal.

“Ons het ’n paar nuwe aflewerings gesien waaraan hy oor die afgelope paar maande gewerk het. Hy gaan beslis nie nou al sy uittrede aankondig nie!”

Die IPL begin op 19 September.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kokerboom ·

Wat my betref het hy alle integriteit verloor. Wil niks van hom weet

Hendrik Marthinus ·

Julle is vinnig om te se moenie vergeet om te kniel nie.
Vir die miljoene wat hy gaan kry vir 2mnde se krieket Sal julle kruip en le vir BLM dit belowe ek julle.
Wanner dit jou lewe is en jy Kan net werk tot 36 – 38 Jr oud doen jy wat beste is vir jou en jou gesin, nie vir my en jou om te staan nie.
Hopenlik in Hulle Harte weet Hulle na uittrede dus was verkeerd, en dat ALM.
Kom ons sit onself in Hulle skoene, Dan oordeel ons later.

Frank ·

Ou Hendrik, baie lank gelede was daar twee manne rondom ‘n pot lensie sop…….. Ens ens ens…..

herman ·

Dien jou geld geldgod en moenie vergeet om te kniel voor al die BLM plundenaars , moordenaars,brandstigters, WAT MENSE SE LEWENS VERNIETIG regoor die wereld

JBN ·

Ek weet nie hoekom plaas julle nog sulke berigte nie. Ek wil niks van die slaprug kniebuiger hoor of weet nie, vir my bestaan hy nie meer nie.

JohanR ·

Rerig AB…..buig daai knieg! Die boere wag vir daai T-hemp waarop staan Farmers Lives Matter/Boer Lives Matter. As jy jou ontbyt geniet onthou die melk, eiers, brood en spek kom van die boere, en nie van Checkers, PnP, Spar en Shoprite nie! Lyk my miskien het die BLM ding jou weer voooooema gegee?

Moedeloos ·

Mense is baie vinnig om te laat hoor dat hulle slegs sal buig voor hul Skepper. Net so is jou Skepper aleen wat kan oordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.