AB lig die sluier op Wêreldbeker-drama

AB de Villiers se aggressiewe en innoverende spel kon baie vir die Proteas beteken het. Foto: Cricinfo.

Waarskynlik die opwindendste kolwer wat Suid-Afrika nie nét in die moderne era nie, maar dalk ook in die geskiedenis van die sport opgelewer het, het die sluier gelig op die Wêreldbeker-drama wat in die Proteakamp afgespeel het.

AB de Villiers het op sy amptelike Twitter-rekening sy weergawe van die gebeure gegee.

’n Media-bom het pas ná die Proteas se derde agtereenvolgende nederlaag in die toernooi (teen Indië) gebars toe ESPN Cricinfo berig het dat De Villiers homself op die vooraand van die internasionale skouspel vir die Proteas beskikbaar gestel het.

Hy het reeds in Mei 2018 sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Nodeloos om te sê het krieketliefhebbers nie net vir Krieket Suid-Afrika veroordeel omdat hulle nie vir De Villiers saam na Engeland geneem het nie, maar ook die 35-jarige superster, omdat hulle gevoel het dat hy sy brood aan beide kante gebotter wou hê.

“Nou dat die Proteas se Wêreldbeker-veldtog iets van die verlede is, wil ek graag op die onregverdige kritiek reageer,” het De Villiers getwiet.

Volgens hom het hy uit internasionale krieket getree omdat hy meer tyd saam met sy vrou en jong seuns wou spandeer. “Party mense het gevoel dat ek vir die geld uitgetree het, maar dit is nie waar nie. In werklikheid het ek al baie aanbiedinge van die hand gewys. Sodoende het ek my tyd weg van die huis van agt maande, na net meer as drie maande gesny.”

Hy skryf dat daar geen kontak tussen hom en Krieket Suid-Afrika was nie: Hy het hulle nie gebel nie, en hulle het op hul beurt nie hom gekontak nie.

“Ek het my besluit gemaak en die Proteas het aanbeweeg. Hulle het sukses onder die bekwame leiding van [afrigter] Ottis Gibson en die uitstekende kapteinskap van Faf du Plessis gesmaak. Ek en Faf is sedert ons skooldae (by Affies in Pretoria) al goeie vriende en twee dae voor die WB-span aangekondig is, het ek hom vir ’n geselsie gekontak.”

De Villiers het goed in die Indiese Premierliga vertoon en hy het aan Du Plessis gesê dat hy vir die Proteas beskikbaar sal wees as hy benodig word. Maar nét as hy benodig word. “Ek het hoegenaamd geen vereistes gehad nie. Ek het beslis nie myself in die span probeer forseer nie en het nie verwag om gekies te word nie.”

Hy het bygevoeg dat hy in dié stadium van sy lewe meer tyd saam met sy gesin wil spandeer en in T20-toernooie reg oor die wêreld, sowel as in Suid-Afrika, wil speel.

“Ek is ongelooflik trots om nie net vir my land te speel nie, maar hulle ook aan te voer. My verhouding met die Protea-spelers bly so sterk soos altyd en ek sal altyd beskikbaar wees met hulp en ondersteuning.”

  • Die Proteas het sewende by die toernooi geëindig en kon net drie van hul wedstryde wen.

De Villiers hou die rekord vir die vinnigste honderdtal, sowel as honderd-en-vyftig-tal in eendagkrieket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nelia van Zyl ·

So het ek jou in my klas geken AB, ‘n jongman van integriteit en karakter. Nie vir een oomblik dit wat vir ons opgedis is, geglo nie. Stap jou pad – jy is ‘n voorbeeld en mentor vir talle jongmense. Ons is baie trots op jou!

Valerie ·

In ‘n klas van sy eie, net soos Roger Federer. Sjoe, die media en sommige lesers het darem met hul kommentare maar hul lae, swak klas gewys na die kamtige “aankondiging” destyds. Van hulle sal jy nie weer hoor nie; kruip weg soos gewoonlik.
Mooi, AB.

Herman Goosen ·

Integriteit in ‘n korrupte derde wêreld land kan ongelukkig vir ‘n goeie mens nadelig wees. AB se enigste fout is dat hy lojaal teenoor ‘n slegte land is. En dit is ‘n groot fout

Cuda ·

AB jy is een van ons beste sukses stories uit Suid Afrika. Jy is die held van miljoene oor die wêreld. Dis jammer dat jou integriteit op die tafel gesit word. Moenie dat die negatiewe goed jou op enige manier affekteer nie. Jy is ons almal se champ….!

Gestonk ·

Slim! Los jou beste speler by die huis en huil as jy dan as jy pateties verloor in byna elke wedstryd!

Lex ·

Hy het reeds in 2018 uitgetree uit internasionale krieket, waarom 2 dae voor wereldbekerspan aangekondig word , vir Faf laat weet hy is beskikbaar indien hy benodig word. Hy was seker spyt oor sy uittrede want hy wou graag in wereldbeker wees, toe vat hy maar ‘n kans. Daar is geen manier dat hulle hom kon kies nie want die ander spelers was almal beskikbaar in daardie tyd, so die span moes uit hulle gekies word. Waarom was hy nie beskikbaar, indien hy benodig sou word, vir die EDI wedstryde voor die wereldbeker nie? Waarskynlik omdat dit nie soveel aansien as wereldbekerwedstryde het nie. Niemand het oor hom gelieg nie, hy het net bevestig wat berig is.

Ai. ·

Verstaan julle mense nie of jy nou uit tree of nie jy kan nog steeds speel as jy jouself beskikbaar stel.Ek probeer dit vir Nico verduidelik maar die man verstaan nie..Genade hoe moeilik kan dit wees vir sekere mense om te verstaan?? Nou se daai selfde oningeligte lot kies eerder die gekroktes en uit vorm spelers want die kwotas moet gevul word wel en wat gebeur toe?? Die proteatjies kry n helse vernerende loesing,een van die ergstes ooit!! Jy gaan nie oorlog toe sonder n wapen wat werk nie! Jul mense hou aan se AB sou nie n verskil maak nie en bly se amla en JP en kie moes daar wees nou hoekom is Suid Afrika dan so hard opgeneuk? Ja wel dit is hoekom Suid Afrika is waar hy is , te veel mense wat dink hul weet wat aangaan met eintlik weet hulle niks… en dit wys,hul probeer nou die swak prestasie van die proteas goed praat en kyk wat gebeur….. ja mense wat ook al….lyk die norme van aanvaarbare standaarde is al so laag vir die meeste mense dat hul nie nag van dag kan onderskei nie… Wel geniet hom maar dan so…en sterkte…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.