AB wys hy het steeds emmersvol klas

AB de Villiers (middel) met die wentrofee saam met Reeza Hendricks en Temba Bavuma. Foto: Twitter.

Die 3TeamCricket-inisiatief mag dalk volksvreemd vir die meeste krieketpuriste wees, maar op die einde is dit doodeenvoudig: Die span wat die meeste lopies aangeteken het, wen die wedstryd.

Op ’n dag toe die Black Lives Matters-inisiatief dalk die hoofopskrifte van nuusblaaie reg oor die land gehaal het, het AB de Villiers, Aiden Markram en Dwaine Pretorius se flitsende kolwe darem genoeg gedoen sodat uitgehongerde krieketliefhebbers ook iets gehad het om oor te glimlag.

De Villiers – wat by tye ’n Affies-masker gedra het – het die jare teruggedraai om 61 lopies van slegs 24 aflewerings te slaan.

Hoewel sy beurt nie foutloos was nie – Thando Ntini het byvoorbeeld ’n moeilike vangkans vanaf sy eie boulwerk verbrou – het hy gewys waarom hy steeds Suid-Afrika se gevaarlikste kolwer is. Veral daardie trekhou op die voorvoet van die blitsige Anrich Nortjé se boulwerk het mens laat terugdink aan sy briljante beurt vyf jaar gelede teen die Wes-Indiese Eilande op die Wanderers.

De Villiers het op daardie dag die vinnigste honderdtal in eendagkrieketgeskiedenis geslaan. En hoewel baie dinge in die wêreld sedertdien nie meer dieselfde is nie, het hy weer gewys dat hy enige tyd met iets spesiaals vorendag kan kom.

Of hy nog vir oulaas weer sal wil probeer om ’n groot trofee saam met die Proteas te wen, is egter ’n ope vraag.

Markram het 70 lopies van 33 balle geslaan, terwyl Pretorius net 17 aflewerings benodig het om ’n onoorwonne vyftigtal te moker.

Op die ou einde het De Villiers en Markram se Eagles 160 lopies in die toegelate 12 boulbeurte aangeteken, terwyl die Kites 138 en die Kingfishers 113 geslaan het.

En op ’n dag waar emosie, kapteins wat moes kopkrap om hul handjievol veldwerkers doeltreffend rond te skuif, ’n nuwe krieketkonsep en ’n wintervaal SuperSportpark die hoogty gevier het, was die uitslag uiteindelik heel eenvoudig om te bereken: Die span wat die meeste lopies geslaan het, het toe inderdaad gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stanley ·

Hero to Zero!
Sy BLM steunery en knieg buigery het my alle respek vir hom laat verloor. Besef hulle nie wat hulle steun nie, BLM is ‘n sosiolistiese / komunistiese beweging.

JBN ·

Ek het alle respek vir die witvelle verloor wat die knie buig voor die swart afgod en dan nog met n gebalde vuis ook, die sogenaamde swartmag saluut. Dit het tyd geword dat ons hierdie kwotaspanne en hul borge boikot. Ek sal van nou af enige buitelandse span steun wat teen hierdie choker kwotaspan speel.

Kokkie ·

Sê ek ook, Stanley. Om nou nie eers van ou ‘has been’ Francois Pienaar te praat nie. Skande.

Vrijburger ·

SA krieket ‘voort segt ek’. (Die oud Hollandse gesegde word in Afrikaans voetsek!)

Helen ·

Ek stem Johann. Goodbye SA Krieket. Hoop nie julle sit jul voete in n Kerk op n Sondag nie. Jy kan nie God en mammon dien nie en dis vir GELD wat julle die knieë gebuig het

Andrew ·

Hy kan maar sy kolf gaan gebruik om saam met blm te plunder, mense te intimideer en wit polisie manne by te kom.

MakersMark ·

Hensopper en verraaier, teen ‘n vyand baie swakker as wat ons dink. Swak kwaliteit mense wat voor die nuwe swart afgod buig. Daniel en sy vriende in die ou Testament het geweier om voor die heidense koning en sy afgode te buig. Jammer AB jy verraai nie net jou mense nie maar jou God ook. Kry skaam vir jou optrede.

Hercules ·

dagsêê, ek het ongelukkig al my respek verloor vir hierdie blanke sportslui wat ook uitgesproke christene is!!

i am a Bible believing, cross bearing, born again Christian and follower of Abba Father, Jesus Christ and the Holy Spirit and will not bow to anybody, but Jesus!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.