As-toets: Engeland herstel goed na groot vroeë skrik

Dawid Malan – ‘n groot taak wag op hom (Facebook – foto The Guardian)

En toe was dit nie so warm nie, was die kolfblad nie werklik vinnig en vol wip nie en die Australiese boulaanval goed maar nie so venynig soos verwag is nie.

Trouens, die eerste As-toets tussen Australië en Engeland in Brisbane het Donderdag weens reën laat begin, die balle het soms baie laag na die paaltjiewagter deurgegaan en die boulaanval was bestendig eerder as venynig.

Engeland het weens die wolkbedekking gehuiwer maar tog besluit om eerste te kolf, ʼn vroeë paaltjie (Cook 2) verloor en die dag op 196/4 afgesluit.

Cook se vertrek het die Engelse ondersteuners spoke laat sien, maar die twee onervare kolwers, James Vince (83) en Mark Stoneman (530) wat saam net 10 toetse agter hulle name het en as onervare swak skakels beskou is, het toe 125 lopies om de tweede paaltjie daargestel.

Die Australiese boulers het eindelik net drie paaltjies geneem met Vince wat boonop uitgehardloop is. Pat Cummins (2/59) en Mitchell Stark (1/45) het die paaltjies geneem.

Engeland is egter allermins uit die moeilikheid. Dawid Malan (28, met ses viere wat in 64 balle vir 24 van sy lopies gesorg het) en Moeen Ali (13) sal Vrydag voortkolf. ʼn Vinnige paaltjie of twee, en Joe Root, wat net 15 gemaak het, se span is in groot moeilikheid.

Vir die opgesomde telkaart, klik op die volgende skakel: http://www.espncricinfo.com/series/10883/scorecard/1072305/Australia-vs-England-1st-Test-eng-tour-of-aus-and-nz-2017-18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.