Aussies het Engelse in die knyptang

England se Jason Roy keer terug na die kleedkamer. Foto: (AP Photo/Rui Vieira)

Enige krieketspeler haat dit wanneer dit reën, behalwe wanneer dit tot jou voordeel is.

Wanneer die Engelse krieketspan se Ben Stokes (7*) en Johnny Bairstow (2*) Saterdagoggend op Old Trafford in Manchester op die vierde dag van die vierde toets in die reeks om die As teen Australië uitstap om te gaan kolf, sal hulle glad nie omgee as reën die spel soos op die eerste twee dae onderbreek nie.

Engeland is met die rug teen die muur met 200/5 en moet nog 98 lopies aanteken om die opvolgbeurt af te weer nadat die Aussies hul eerste beurt op 497/8 beurt gesluit verklaar het.

Die Aussies loop reeds met 1-0 in die reeks van vyf toetswedstryde voor en kan na alle waarskynlikheid nie meer dié toets verloor nie.

England se Joe Root in aksie. Foto: (AP Photo/Rui Vieira)

Engeland se Rory Burns (81) en Joe Root (71) het Vrydag vegtersinstink gewys en die gevaarlike Aussie-boulaanval vir langer as drie uur in toom gehou, maar nadat Josh Hazlewood (4/48) Vrydagmiddag die paaltjies van Burns, Root en Jason Roy (22) ingeoes het, is die hart uit die Engelse kolflys geruk.

Die blad begin al reeds tekens van verwering toon en wanneer die nuwe bal oor ses boulbeurte aangevra word, sal dit net ʼn kwessie van tyd wees voordat die Engelse boedel sal oorgee.

Met Mitchell Starc (0/41), Pat Cummins (1/37), Hazlewood en David Lyons (0/68) aan die spits, sal dit hoogs onwaarskynlik wees dat die Engelse sal kan red.

Boonop sal die Aussies nie verklaar nie en so vinnig as wat hulle kan, 150 tot 200 lopies in hul tweede beurt aanteken om aan Engeland ʼn byna onmoontlike teiken te stel.

Die Aussies is heeltemal in beheer en trek al die toutjies en tensy Stokes en Bairstow ongelooflike veggees wys om die toets te red, sal daar net een wees, en dis nie die tuisspan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

Gallie Vermeulen ·

Pieter die Aussies loop nie met 1 -0 voor in die Asse nie. Die reeks is gelykop met 1 toets elk. Onthou Stokes se skitter vertoning in die Engelse wenstoets

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.