Aussies se krieketafrigter bedank

Darren Lehmann, die Australiese krieketafrigter, kondig sy bedanking aan. Twiet: cricket.com.au

Darren Lehmann, die Australiese krieketafrigter, het Donderdag aangekondig dat hy sal bedank ná die vierde kriekettoets teen Suid-Afrika.

Die finale toets van die reeks vind Vrydag op die Wanderers in Johannesburg plaas.

Lehmann se bedanking kom in die lig van die balpeutery-skandaal waarin die Australiese krieketspan tans gedompel is.

Steve Smith, voormalige kaptein, en David Warner, die onderkaptein, is albei vir 12 maande uit alle internasionale krieket geskors vir hul rol in die balpeutery-voorval tydens die derde toets teen Suid-Afrika. Cameron Bancroft is vir nege maande uit die spel geskors.

“Om die nuus aan die Australiese spelers te bring was waarskynlik die moeilikste ding wat ek moes doen,” het Lehmann gesê.

Lehmann het gesê nadat hy vroeër vandag vir Smith sien huil het by die mediakonferensie in Sydney het hy gevoel hy kan nie langer voortgaan om Australië se afrigter te wees nie.

Maroela Media het vroeër berig Smith was in trane toe hy om verskoning gevra het vir sy rol in die balpeutery-skandaal. “Ek wil dit duidelik maak dat ek as kaptein van die Australiese krieketspan volle verantwoordelikheid neem. Ek het ʼn ernstige oordeelsfout begaan. Dit was ʼn gebrek aan leierskap, my leierskap. Ek sal alles moontlik doen om op te maak vir my fout en die skade wat dit veroorsaak het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Ek gaan nou nie juis my sakdoek uithaal nie. Inteendeel ek gieniet hierdie verleentheid vir hierdie arrogante Aussies, veral Warner wat graag wil uitdeel maar nie kan hanteer wat na sy kant toe kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.