Aussies verkrummel op en van veld

Morné Morkel. Foto: Facebook

Die derde kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië op Nuweland in Kaapstad het Sondag ten einde geloop. Die Aussies het op en van die veld verkrummel en die Proteas loop met 2-1 voor in die reeks van vier toetse. Die Proteas het die derde toets met 322 lopies gewen nadat 10 paaltjies vir slegs 60 lopies in die Aussies se tweede beurt geval het.

Dit was te midde van die groot omstredenheid tydens dag drie toe TV-kameras Cameron Bancroft uitgewys het waar hy met die bal peuter. Die Aussies se kaptein, Steve Smith, het sy aandeel in die besluit om die bal se toestand te verander erken en hy is vir een wedstryd geskors en verloor sy wedstrydfooi. Verskeie ondersoeke vind tans plaas en inligting word nagegaan om die omvang van die insident te bepaal. Krieket Australië het ook sy teleurstelling uitgespreek oor die insident en het ook ʼn afvaardiging na Suid-Afrika gestuur om die saak te ondersoek.

Die Aussies het ʼn rekordtotaal van 430 lopies in hul tweede beurt gejaag nadat die Proteas 373 in hul tweede beurt aangeteken het. Morne Morkel (5) en Keshav Maharaj (2) het verwoesting onder die Aussies se kolwers gesaai. Die Aussies-kolfbeurt was teen teetyd op 47/0 maar het in duie gestort toe hulle tien paaltjies vir net 60 lopies verloor het (107/10).

Die val van paaltjies lyk so: 1-57 (CT Bancroft, 20,1 bb), 2-59 (DA Warner, 23,1 bb), 3-59 (UT Khawaja, 24,1 bb), 4-59 (SE Marsh, 24,2 bb), 5-75 (SPD Smith, 29,3 bb), 6-86 (MR Marsh, 33,1 bb), 7-86 (PJ Cummins, 33,2 bb), 8-94 (MA Starc, 35,6 bb), 9-94 (NM Lyon, 36,5 bb) en (Hazlewood 39,4 (107-10)

Morne Morkel (speler van die wedstryd) spog met 5 paaltjies vir 23 lopies in die tweede beurt en Suid-Afrika seëvier met 322 lopies.

Die laaste van die vier wedstryde begin Vrydag op die Wanderers.

Klik hier vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Paul ·

Die Aus verdien dit, stuur hulle terug. Hulle is ‘n verleëntheid vir hul nasie, die wêreld. Hulle gaan der jare vat om van die stigma ontslae te raak, dalk nooit.

Die geskiedenis sal dit dokumenteer. Die jaar 2018.

DHK ·

Paul, jy gooi klippe maar vergeet dat die Proteas jare gelede al by wedstrydknoeiery betrokke was. In die onlangse verlede was hulle ook van bal peutery beskuldig, Die Aussies het ten minste skuld erken, dis meer as wat die Proteas kan sê.

RB ·

Um, nee, nie heeltemal nie…alle spelers eet lekkergoed, en die ander spelers, ook van Aus, wat aan dieselfde as Hansie skuldig…maak dit nie reg nie, maar hul betrokke rade het dit onder die mat gevee. Faf het selfde straf gekry omdat hy lekkergoed eet, as S.Smith oor skuurpapier??? Regtig?

Cjan ·

DHK is beslis n Aussie aanhanger of dalk n Aussie eie weet. Ek sê as jy uitgevang word moet jy pa staan daarvoor. Los die verlede daar die ouens is beboed. Dis tipies hoe ons volk is, bring altyd die verlede te voorskyn. DHK shame man!!

DHK ·

Cjan, hulle is uitgevang en staan pa daarvoor. Wat is jou punt? Om eenogig veroordelend te wees? Terloops, wat is ‘n “Aussie eie weet”?? As jy maar so driftig oor plaasmoorde i.p.v ‘n gepeutery met ‘n krieketbal gevoel het sou ek jou ernstig kon opneem. Krieket is net ‘n spel wat al vir jare al wêreldwyd geteister word met onderduimshede en beslis nie werd om ernstig opgeneem te word nie. So wie wen of verloor is irrelevant. Dis tipies hoe ons volk is, die sportgod word bo alles gestel. Wees eerder dáároor skaam…

T. van Schalkwyk ·

Veels geluk aan die Proteas met ‘n skitterende oorwinning! Beslis weer sterk op pad na die nommer een posisie.

Australië Krieket is in die modder. Die naweek se gebeure is ongetwyfeld die grootste balpeuterskandaal ooit en die Australiese sportreputasie sal jare neem om daarvan te herstel, indien ooit. Skok, afgryse, ontnugtering, teleurstelling en ongeloof heers onder Aussie-ondersteuners en koppe gaan welverdiend rol.

Die Smith/Warner-groep is die hoogsbetaalde krieketspelers in die wêreld, maar het onlangs ‘n uitgestrekte staking gevoer vir nog méér geld. ‘n Draai in die modder is moontlik presies wat nodig is om Australiese krieket meer beskeie te laat herleef.
Geen ware krieketliefhebber wat stewige kompetisie geniet sal hulle tog vir ewig verdoem wil sien nie.

Tradisionele aartsvyande op die sportveld sal hulle verlustig in hierdie stand van sake, en wie kan hul kwalik neem? Dalk moet die feit dat vele spelers van verskeie lande al gestraf is vir dieselfde oortreding tog in gedagte gehou word wanneer daar so lustig verder in die modder getrap en beskuldigings geslinger word.

Onwettige maniere om die toestand van die bal te verander kom skynbaar nog al die jare algemeen voor. Grond in ‘n broeksak, ritssluiter op ‘n broekspyp, koeldrankdoppies ens. is al suksesvol ingespan. Hoe ironies dus dat in die dramatiese gebeure Saterdag die twee skeidsregters die berugte Bancroft-bal ondersoek en bevind het dat geen kunsmatige verandering aangebring is en die bal nie vervang hoef te word soos krieketreëls vereis nie.

rollie ·

Tyd dat hulle vasgevat word. Toe Warne en die Waugh-broers destyds basies dieselfde ding as Hansie gedoen het, het hulle skotvry daarvan afgekom.

Anita ·

Nog video op een van aanlyn koerante. Bancroft wat in ashes suiker in sy ssak gooi voor spel begin. Skelm afgeneem. Een maal skelm altyd. Engelse moet wakker skrik en bietjie gaan kyk

rollie ·

Ja nee wat, cheat al vir jare..net nie uitgevang tot nou toe nie.

Joe Hall ·

Dankie aan Vinnige Fanie De Villiers wat die kamera piete aangemoedig het om die Aussies dop te hou en om hul skelmstreke te ontbloot.
As deurwinterde bouler het hy lont geruik oor die vinnige ‘verweer’ wat die bal in die Australiese hande ervaar het en dus vinniger tot groter omgekeerde beweging gelei het.
Kry vi’ djulle!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.