Australië wil dalk in 2023 teen Proteas speel

Kagiso Rabada het David Warner laat bontstaan tydens Australië se vorige toetskrieket-toer na Suid-Afrika. Foto: Gianluigi Guercia/AFP.

Ná vroeër vanjaar se drama toe Krieket Australië (KA) weens Covid-19-vrese besluit het om nie na Suid-Afrika vir ’n reeks van drie toetse te toer nie, lyk dit of daar lig aan die einde van die tonnel kan wees.

Volgens Nick Hockley, KA se uitvoerende hoof, word daar na 2023 gekyk om die wedstryde te speel. Dit sal dan Australië se eerste toer na Suid-Afrika wees sedert die berugte “Skuurpapier-skandaal” van 2018.

Veral Graeme Smith was destyds omgekrap oor die Aussies se besluit om nie Maart die wedstryde teen die Proteas te speel nie; veral omdat Krieket Suid-Afrika (KSA) aan al die besoekers se bio-veilige vereistes voldoen het.

“Ons is ongelooflik teleurgesteld in Krieket Australië se besluit. KSA het onverpoos gewerk om aan elke versoek van die besoekers te voldoen,” het Suid-Afrika se direkteur van krieket gesê.

Die Suid-Afrikaners het destyds onder meer tot twee afsonderlike bio-veilige omgewings ingestem, terwyl daar ook teen groot koste ’n Australiese opsporingstelsel aangekoop is om persone op te spoor indien daar positiewe Covid-19-gevalle sou wees.

Tog glo Hockley dat die verhouding tussen die twee lande se krieketbeheerliggame baie sterk is.

“Dit was ’n baie moeilike besluit om nie teen Suid-Afrika te speel nie en ons is baie bly dat daar plek in ons 2023‑kalender is om die toer te herskeduleer.”

Die Proteas speel op 23 Oktober in hul openingswedstryd van die T20-Wêreldbeker teen Australië in die Verenigde Arabiese Emirate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rupert Ashford

Die Aussies soek iemand om teen te speel wat hulle ‘n kans het om te wen. :-)

AW

Ja Nee !!