Bacher vra dat Markram die leisels oorneem

Aiden Markram. Foto: Facebook.

Die stemme wat vra vir ’n deeglike herrangskikking van Krieket Suid-Afrika bou nou tot ’n crescendo op.

Die voormalige Protea-toetskaptein en administrateur, dr. Ali Bacher, het gevra dat Faf du Plessis met die 25-jarige Aiden Markram vervang word.

Du Plessis was aan stuur van Protea-sake toe hulle hul eerste tuistoets-reeksnederlaag teen Sri Lanka gely het, die rampspoedige Wêreldbeker-kriekettoernooi én die onlangse fiasko in Indië.

Bacher – wat Suid-Afrika aangevoer het toe hulle in 1970 vir Australië met 4-0 afgeransel het – voel dat Markram die kapteinleisels by die beleërde Du Plessis moet oorneem.

“Ek is Faf se grootste ondersteuner en bewonderaar, maar die tyd is ryp vir Aiden om oor te neem,” het Bacher aan die Saturday Star gesê.

Suid-Afrika se Faf du Plessis. (Foto: Krieket SA via ANA)

Hy het voortgegaan en ’n voorbeeld uit Australië gebruik om sy stelling te staaf.

“Australië het pas die Wêreldbeker in 1999 gewen en die keurders het vir Ricky Ponting in Steve Waugh se plek as kaptein gekies. Die verandering het dadelik gewerk. Ek wil nou nie minagtend van Faf praat nie, maar dit is nodig dat die span aanbeweeg.”

Markram is vir ses weke buite aksie nadat hy sy gewrig in Indië beseer het toe hy ’n harde voorwerp geslaan het. Hy is kort vantevore vir sy tweede agtereenvolgende toetsnulletjie uitgehaal.

“Aiden is ’n natuurlike leier en hoewel hy ’n baie moeilike tyd in Indië gehad het, tel ouderdom in sy guns. Gee vir hom ’n paar jaar om te wys van watter stoffasie hy gemaak is.”

Intussen het die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, op Twitter gesê dat Krieket Suid-Afrika oudspelers soos Mark Boucher, Graeme Smith en Jacques Kallis moet inspan.

“Wêreldkrieket het ’n sterk Suid-Afrikaanse toetsspan nodig. Dit is tyd dat Mark Boucher die leisels (as afrigter) oorneem,” het hy getwiet.

Vroeër het die oud-Proteakolwer, Jacques Rudolph, gesê die administrateurs moet ook pa staan vir die nasionale span se treurmares.

“’n Vis verrot van die kop af ondertoe,” het hy op sosiale media geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Judge Dredd ·

Op huidige vorm is kapteinskap die enigste manier wat Markram die span kan haal…..

Werner ·

Judge Dredd, ek stem saam met jou. Baie spelers se loopbane het al in die verlede in India gesneuwel, maar gee vir Markram n regverdige kans teen ander lande ook.

Boucher het n Titans-span vol sterre ge-erf en afgerig. My ouma sou ook sukses met die Titans behaal het. In die Msanzi-T20 het Boucher byvoorbeeld gesukkel. Dalk moet hy eers n hulp-afrigter word by die Proteas.

Judge Dredd ·

Probleem is – India is bekend daarvoor dat die BOULERS SUKKEL.
Gewoonlik is dit makliker vir kolwers.

Johan Viljoen ·

Baie slim, Ali. Miskien moet jy nadink oor wat jy met ‘n vorige kaptein, Hansie Cronje, gedoen het en eerder volstruis op jouself trek jou slim praatjies vir jouself hou.

Michael ·

Stem 100% saam met jou Johan. Wie is hy om te kom se wie kaptein moet wees. Hy die een wat Hansie vir die wolwe gegooi het. As ek Faf en de Kock is tree ek onmiddellik uit en speel net T20 soos AB. Ons weet almal hoekom krieket in sy kanon is…. maar ons mag mos noe daaroor praat nie. Ek sal darem betrokke wil wees by so n spul onbeholpe administrateurs en afrigters. Hulle volg dieselfde pad as sokker. Die grap van SA sport.

ja nee ·

Ek kan nie onthou dat Bacher die omkoopgeld namens Hansie ontvang het al die jare nie?? Niemand het Hansie vir die wolwe gegooi of benadeel nie. Hy het geknoei en is uitgevang!

Chris du preez ·

Enige verandering op afrigter sal n verbetering wees. Ek dink tog Baucher sal n groot verskil maak. Dalk n goeie idee vir n nuwe kaptein dan kan Faf nog beter doen met sy kolfwerk.

KK ·

Faf en die hele afrigting span moes gesack geword het na die WC. Wie okal nog dink Faf moet nog speel EN kaptein wees bly onder n rots

aj ·

Dis die ANC GANGSTERSTATE se kwotas, BEE en AA wat ALLES infekteer met die dodelike kiem van MISLUKKING!

Ook SA Krieket!

Elimineer eers die politieke invloed in Krieket SA!

George in Bloem ·

Niks gaan enige verskil in die patetiese krieketspan se getjommel maak so lank as wat politiek die kitaar slaan in SA sport en in hierdie geval ons krieket nie. So maak maar gerus reg vir nog skandes en nog trotse rekords om te waai. Hou duimvas dat Rassie en sy manne die Engelse klop die naweek want dis ons laaste realistiese kans om die Webb trofee omhoog te hou. Na hierdie rugby wereldbeker skouspel sal die laaste fase van “transformasie” ook ons rugby tref in alle erns soos met ons krieket. ‘n Groot uitog van spelers en lee stadions is ons voorland. Maar hey,kom ons VIVA almal lekker saam man. 1,2,…..3……VIVA??!!

JohanL ·

George, jy slaan die spyker op die kop. Gaan nie alles herhaal nie.

Net om die werklikheid te laat insink gaan ek tog net skryf – Saterdag is ons laaste realistiese kans om die Webb Ellis trofee te wen. Daarom dat ek hoop ons wen.

Krieket – het reeds op die foum geskryf – RIV Krieket in SA.

ProotGraat ·

Dis nie politiek se skuld dat SA-Krieket is waar hy is op die veld nie. Dis spelers wat nie lopies aanteken en nie paaltjies neem nie. Hoe klink daai?

Waar is die trots? ·

Ek is ‘n groot liefhebber van krieket. Ek kyk ‘n 5 dag toets deur. Hierdie was die eerste keer dat ek nie toetse kon klaar kyk nie. Dit was werklik te aaklig om te aanskou. Waar is Protea trots? Ek stem iets moet baie vinnig verander. Ons gaan nog sterre verloor aan county krieket. Faf kan duidelik nie van voor lei nie. Markram het potensiaal, maar op huidige vorm kan jy sy selfvertroue skend deur hom kaptein te maak. Hy moet egter gekies word. Hy is uiters talentvol. Die proteas was ons trots en topbestuur moet aan dis ken ry vir alles wat hier gebeur. Talent moet in SA gehou word. Onnodig om te sê, kies asseblief op meriete en nie kleur nie, want dan sal die kwotastelsel geen invloed hê nie. Genoeg spelers van kleur is uiters talentvol en sal in enige nasionale span speel. DIE PROTEAS MAG NIE DIESELFDE PAD LOOP AS BAFANA NIE!

Nelia van Zyl ·

Wat van ‘n bekwame afrigtingspan? As ‘n span só swak presteer en jy het ‘n behoefte om te snoei, dr. Bacher, doen dit dan honderd persent regverdig én eerlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.