Bavuma gereed vir uitdaging wat stowwerige kolfblaaie bied

Temba Bavuma. Foto: ANA.

Temba Bavuma, die Proteas se klein-pakkie-dinamiet-kolwer, sien sy ondervinding saam met die Suid-Afrikaanse A-span as die perfekte voorbereiding vir die hooftoer na Indië op 15 September.

Die A-span gaan vyf eendagwedstryde en twee vierdagwedstryde teen hul Indiese eweknie speel, met Bavuma wat die eendagspan sal aanvoer. Hy sien dié stofbladkolfsessies as die perfekte geleentheid om aan die Indiese toestande gewoond te raak.

“Dit is altyd lekker om jouself op oorsese blaaie te toets en dit sal baie belangrik wees om reeds nou al goeie lopies in moeilike toestande aan te teken,” het hy aan The Hindu gesê

Die 29-jarige het sy buiging in 2014 gemaak en is sedertdien een van die Proteas se staatmakers in die toetsarena. Hy het al 36 toetse en twee internasionale eendagwedstryde gespeel en ’n rapsie meer as 1 800 lopies geslaan.

“As ’n kolwer moet jy ’n bietjie selfsugtig wees met die begeerte om soveel as moontlik lopies en honderdtalle op jou eie aan te teken. Ek geniet my reis as ’n toetskrieketspeler en ek probeer daagliks om ’n beter speler te word.

Hy erken dat die uittrede van Hashim Amla dinge vir die res van die kolwers effens bemoeilik het, maar dat die onus nou op hulle rus om toetswedstryde vir Suid-Afrika te wen.

“Dit sal vir enige span ter wêreld moeilik wees om die leemte te vul wat Hashim gelos het. Dit is egter nodig dat spelers soos ek – die ouens wat gereelde gesigte in die toetsspan is –elke geleentheid met beide hande aangryp.”

Hy weet egter dat dinge nie maklik in Indië sal wees nie.

“As kolwers hou ons daarvan om onsself teen boulers soos Jasprit Bumrah, Ravindra Jadeja en Ravichandran Ashwin te toets. Terselfdertyd sal dit ook ’n uitdaging wees om vir kolwers soos Virat Kohli en Cheteshwar Pujara op die Indiese stofblaaie te boul. Hoewel individuele vertonings belangrik is, sal ons as ’n span in die komende toer moet presteer.”

  • Suid-Afrika sal drie T20-wedstryde speel, gevolg deur drie toetse. Die toer is van 15 September tot 23 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JKL ·

Patetiese stats vir iemand wat net as batsman gekies word. 1 honderd…een!

Nico ·

Ja kyk hy swem in die 100 talle. Onthou net in SA se “demoktatiese” standaarde is ‘n 30’s en 50’s gelyk aan 100’s en 150’s

J ·

Proteas se grootste quota though. Sy stats lyk erger as markram sn lol tog word albei gekies, keer op keer.

Jack Russl ·

Ek neem aan julle het heelwat meer honderd talle as Bavuma.

Wie sal julle anders in sy plek kies aangesien hy pateties is

Jack Russl ·

Rassie kan werk, maar ons gaan dan nog ‘n extra speler kort vir Amla wat uitgetree het

LOL ·

Korrek. Zuma maak nie 100’s nie maar 1 000 000’s met “spin” .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.