Bavuma stadig uit die blokke

Temba Bavuma. Foto: Hansie Linde.

Temba Bavuma het vandag amptelik tot die Protea-span teruggekeer nadat hy vroeër sy hand teen Sri Lanka beseer het.

Die Proteas se T20-kaptein het eers die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig, waarna hy net daarin kon slaag om een lopie van sy eerste 12 aflewerings aan te teken.

Hy is uiteindelik vir 31 van 39 balle deur Mohammad Nabi uitgehaal; vir ’n openingskolwer in T20-krieket is dit net hopeloos te stadig.

Toegegee, die kolfblad bemoeilik aanvallende kolfwerk en die eerste ses van die Proteas-beurt is eers in die 11de boulbeurt geslaan.

Die Suid-Afrikaners kon uiteindelik 145/5 in hul toegelate 20 boulbeurte aanteken – grootliks te danke aan Aiden Markram se 48 lopies van 35 aflewerings.

Die 27-jarige Titans-speler het uiteindelik twee viere en twee sesse geslaan.

David Miller het ook vir vuurwerk teen die einde van die beurt gesorg, maar hy het hopeloos te min balle trotseer om ’n noemenswaardige verskil te maak.

Die Proteas het hul boulaanval met draaiers gelaai, terwyl Dwaine Pretorius en kie vir die nodige variasie sal sorg.

Protea-kolfvertoning teen Afghanistan: Temba Bavuma (31 van 39 balle), Quinton de Kock (7 van 7 balle), Aiden Markram (48 van 35 balle), Rassie van der Dussen (21 van 17 balle), Heinrich Klaasen (11 van 8 balle), David Miller (20 van 9 balle) en Dwaine Pretorius (4 van 4 balle).

  • Afghanistan se beurt het rampspoedig begin en die twee openingskolwers is reeds terug in die kleedkamer. Hulle is onderskeidelik deur Bjorn Fortuin en Lungi Ngidi uitgehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anton ·

Toe ek jonk was kon jy my nie van Wanderers af weg hou nie. Nou weet ek nie eers wanneer speel wie teen wie nie

Frank ·

Ja nee, GROOT liefde van my het gesneuwel saam met die kniegie buigery.

Kobus ·

Het hy dan nie geweet mens staan nie op jou kniee as jy kolf nie.

Dries ·

Eerstens. Hy hoort nie eens in die span nie. Al wat hy doen is maak die span vol. Baie beter krieketers as hy. Lekker choke. ????????????????????

Dirk Mostert ·

Hoekom verbaas dit my nie? As jy darem sukkel teen Afghanistan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.