Beserings bly by Proteas spook

Lungi Ngidi. Foto: Cricinfo.

Suid-Afrika se beseringslys is besig om vinnig langer te word, met Lungi Ngidi wat gister met dyspierprobleme van die Oval gestap het.

Hy sal waarskynlik vir 10 dae op die krukkelys wees en sal beslis buite aksie vir Woensdag se Indië-kragmeting in Southampton wees.

Die nuus word egter slegter – hy sal waarskynlik ook nie vir die Proteas se vierde wedstryd van die toernooi teen Wes-Indië op 10 Junie beskikbaar wees nie.

Ngidi het gister 34 lopies in sy vier boulbeurte afgestaan vóór hy in die sewende boulbeurt van die wedstryd van die veld gestap het.

Dit is later bevestig dat hy nie weer in die kragmeting sal boul nie en dat sy linkerbeen se dyspier hom moeilikheid gee.

Dit is net nóg ’n beseringshou vir Faf du Plessis se boulaanval, wat wyd en syd verkondig het dat hulle met hul snelbattery die aanvalswerk wil doen.

Hulle het egter teen Engeland in die openingswedstryd gesukkel, terwyl Bangladesj ook gister teen hulle baljaar het.

Protea-spanbestuurder, Mohammed Moosajee, het bevestig dat Ngidi beslis die Indië-wedstryd sal misloop.

“Sy besering beteken dat hy vir tussen ’n week en 10 dae buite aksie sal wees. Die plan is hom gereed te hê vir die wedstryd teen Wes-Indië,” het Moosajee gesê.

Dale Steyn behoort hom in die beginspan te vervang, terwyl Hashim Amla ook sy terugkeer kan maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Siener ·

En so begin die verskonings. Sies tog— as julle te veel beserings het in die span is dit beter om te onttrek uit die wereld beker.

Gertryda ·

Net gewonder die ander lande lyk my speel meer krieket as ons ouens. Hulle beserings is bittermin.
Kan dit n geval wees dat ons ouens te sag of verkeerde fiksheidsoefening doen.
Ons ouens altyd beseeer

Waarheid ·

Ek stem saam Siener.
Op die oomblik mors hulle net geld.
Hulle beteken niks.

Nico ·

Beserings is ‘n swak verskoning. Die boulers het al klaar met beserings gegaan. Wonder wat het match fixing met al die swak soel te doen veral as jy na De Kock se uithardloop van gisteraan kyk. Bly on die gym uit dan sal jul spiere ook beter hou.

Nico ·

Julle het geweet hulle is met beserings gekies. Wonder wat het match fixing met swak soel uit te waai het. Verder moet hulle weg bly van die gym af dan sal hul spiere beter hou.

Wat? ·

Nou wie se skuld is dit hul het n klomp gekrokktes gekies vir die WB???

Judge Dredd ·

Is ‘n Spook wit ?
In daai geval, goed so – spook maar voort.

Sarel ·

Dit gaan ook nie beter gaan met daai, wat is die naam nou weer, wat die Springbok in die Wereldbeker Rugby gaan vervang. Geen trots meer nie.

Anton Smith ·

Die swakste vertoning wat n Protea krieketspan nog ooit in die eerste twee wedstryde van n Wêreldbeker gegee het!!!Dit is hoe SA se eerste twee wedstryde saamgevat kan word!!!Kom huis toe Proteas!!!Julle is nie op standaard nie!!Wie dra die skuld???Daar sal indringend gekyk moet word na die oorsake van hierdie swak vertonings,om verdere skoknederlae in die toekoms te voorkom!!

kolla ·

Swakker as 2003 toe ons die wereldbeker aangebied het en nie eers die groepfase oorleef het nie? Ons het toe 3 uit 6 wedstryde gewen. Dit was ‘n skande vir ‘n land wat die wereldbeker aanbied.

Ja kolla ! ·

Ja selfs vrotter as die 2003 waarvan jy praat! Twee gespeel twee verloor een teen een van die laagste gekeerde spanne in wereld krieket nogal..Net n wonderwerk as hul teen Indie volgende wen met al die mank en gekroktes en uit vorms spelers wat hul WB toe gesleep het dan is hul in elkgeval so te se uit die WB kolla! Maar veloor en laaste op die log pla jou mos nie Kolla jy is mos n stormer en gewoond daaraan…

Barrie ·

Julle droom om te dink Bangladesh is n hier jy span hulle gaan baie naby aan die semi finale wees,kon manne wen India more en ons sal ook naby wees go Proteas en gaan slaap al julle moan gatte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.