Bestendige Proteas bou aan ʼn stewige voorsprong

Argieffoto

Dag drie van die Derde Kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië is Saterdag op Nuweland in Kaapstad afgehandel. Die Aussies se laaste paaltjie het vroeg in die dag gekantel met hul totaal op 255/10 in (69.5 bb). Dit het aan die Proteas ʼn voorsprong van 56 lopies op die eerste beurt gegee. Teen uitskeityd op dag drie was Suid-Afrika op 238/5 (72 bb) wat reeds ʼn voorsprong van 294 lopies is met nog 5 paaltjies staande in hul tweede beurt.

In die Aussies se beurt van 255 het Cameron Bancroft 77 lopies bygedra. Met die bal het die snelboulers al die sukses vir die Proteas behaal. Morkel het gespog met vier, Rabada met vier en Philander met twee paaltjies.

In die Proteas se tweede beurt was Dean Elgar vroeg terug in die pawiljoen vir 14 lopies. Aiden Markram het 84 (10 x 4 en 2 x 6) lopies gemoker en Hashim Amla het 31 bygedra.

Soos op die eerste twee dae het het die Aussies weer die derde sessie oorheers. Ná teetyd het AB de Villiers en Faf du Plessis die telling geneem tot by 196/4 toe Faf du Plessis been voor paaltjie betrap is deur Lyon vir 20. Temba Bavuma het weer misluk met die kolf en kon net 5 lopies aanteken.

Pat Cummins het weer die beste met die bal gevaar en twee paaltjies platgetrek. Daar hang egter ʼn wolk oor die Aussies nadat die TV-kameras vir Cameron Bancroft gewys het waar hy moontlik met die bal gepeuter het.

Spel is weer vroeg gestaak weens swak lig. Teen uitskeityd op dag drie was Suid-Afrika op 238/5 (72 bb) wat reeds ʼn voorsprong van 294 lopies is met nog 5 paaltjies staande. AB de Villiers (51) en Quinton de Kock (29) sal Sondag voortkolf. Spel op dag vier is geskeduleer om Sondag om 10:30 te begin.

Die Aussies het die eerste toets gewen en die Proteas die tweede toets.

Klik hier vir meer inligting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wurmpie ·

Bancroft is kulkunstenaar. Druk geel ding voor by sy broek in en haal swart sakkie uit sy sak

Die wiel draai ·

Die wiel draai soms stadig, maar hy draai. SA is vir n peppermint eet / lol met die bal uitgehaal & gestraf, ek kyk graag wat gaan hier gebeur. Hierdie Cameron het dit beplan en sy stukkie skuur papier al die pad saamgebring, dit is beplande oneerlikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.