Blitse maak Bangladesj skrik

Kagiso Rabada het drie vinnige paaltjies vroeg in Bangladesj se beurt laat spat. Foto: Indranil Mukherjee/AFP.

Die Proteas maak deesdae baie op hul stadige boulers staat om hul teenstanders dronk te draai, maar vandag in Abu Dhabi het die Suid-Afrikaners se snelboulers ook vir ’n vuurwerkvertoning gesorg.

’n Kagiso Rabada-warrelwind het eers die kolwers op die agtervoet gedwing, waarna Anrich Nortjé en Dwaine Pretorius gesorg het dat Bangladesj vir slegs 84 lopies uitgehaal is.

Bangladesj, wat hul laaste vyf T20-wedstryde teen die Proteas verloor het, het vyf paaltjies binne die eerste tien boulbeurte verloor en kon daarna nie weer aan die gang kom nie.

Dit is egter nie net die snelboulers wat amok gemaak het nie, Kurt Darren se “Loslappie” het oor die luidsprekers weergalm toe Tabraiz Shamsi in sy eerste boulbeurt vir Liton Das been voor paaltjie betrap het.

Die knie is weer voor die aanvang van die wedstryd gebuig.

Opsommende telkaart:

Bangladesj 84/10 in 18,2 boulbeurte

Anrich Nortjé 3/8

Kagiso Rabada 3/20

Tabraiz Shamsi 2/21

Proteas: Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Rassie van der Dussen, Temba Bavuma, Aiden Markram, David Miller, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Keshav Maharaj, Anrich Nortjé en Tabraiz Shamsi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.