BLM steeds vir Rabada relevant; al bly Proteas staande

Kagiso Rabada: Foto: Marco Longari/AFP.

Die Protea-afrigter, Mark Boucher, het verlede week gesê dat die Proteas waarskynlik nie die knie in steun vir die Black Lives Matter-beweging in die komende witbalkrieket-reekse teen Engeland sal buig nie.

Die span oorweeg dit eerder om swart armbande te dra om hulde aan die slagoffers van die Covid-19-pandemie te bring. Dit sal terselfdertyd ook uit protes teen geslaggebaseerde geweld gedra word.

Volgens die voormalige paaltjiewagter is inklusiwiteit en empatie waardes wat daagliks uitgeleef moet word; dit is nie net iets wat af en toe deur ’n voorafbeplande gebaar op die veld gestalte moet kry nie.

Maar Cricinfo berig dat die BLM-beweging vir ’n speler soos Kagiso Rabada altyd relevant sal wees; selfs al bly die spanne vir wie hy speel staande op die veld.

“Dit was ’n gesamentlike spanbesluit om nie die knie te buig nie, maar BLM sal altyd iets wees waarin ek glo. Mark het egter gesê dat die span nie die knie sal buig nie en dit is hoe dit sal wees,” het Rabada gesê.

Die Protea-blits het in ’n vorige onderhoud met die Indiese media tydens die pasvoltooide Indiese Premierliga gesê dat hy die knie tydens die toernooi sou gebuig het as daar vir hom gesê was om dit te doen.

“Vir my maak swart lewens saak. Dit het niks met krieket, sport of ondernemings uit te waai nie; net dat swart lewens saak maak en daarvoor sal ek opstaan,” het hy destyds gesê.

Rabada, wat die meeste paaltjies in die toernooi laat spat het, het egter terselfdertyd ook gemaan dat dié siening nie op ander afgedwing moet word nie.

“Dit beteken egter hoegenaamd nie dat ek verwag om oral waarheen ek gaan soos ’n koninklike behandel te word nie. Maar vanuit ’n trots- en waardigheidsoogpunt is swart lewens belangrik.”

Die eerste T20-wedstryd tussen die Proteas en die Engelse toerspan word Vrydag op Nuweland beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Niklaas ·

Lyk my die afkeur van die publiek oor die knielende balvuis knape se oordadige optredes het gemaak dat krieket nie veel aftrek deesdae kry nie en sommer effe ongewild geraak het. So iets sal natuurlik geldsakke aanraak en dan lei dit tot nuwe steurende begrip , nl. geld droog op. Derhalwe kan jy verwag dat hul halt moet roep tot hierdie lawwe neiging want , More Money Matters (MMM)

Anoniem ·

Ja Niklaas, ek dink die publiek se afkeur van die BLM kniebuig het ‘n groot rol gespeel in hierdie besluit.

Alexander ·

Iewers het die sportmagnate ook besef die knie gebuigery baie afkeur gekry het. En dan praat ons nie eers van die bose ondertone van die BLM beweging nie. Ons mag slegs die knie voor God buig.

Pieter Rubeus ·

BLM het nog nooit oor swart lewens gegaan nie. Dit is ‘n projek van die terroriste eenheid ANTIFA wat deur BIDEN beheer word. Hulle gee niks om oor jou lewe nie en hoe vinniger jy dit besef hoe beter. Dit word verwag dat Rassisme deur al die wittes reg gestel moet word. Laat ek jou nou sê, baie min wit mense wat in Suid Afrika het iets daarmee uitgewaai gehad anders as die regering net soos die ANC regering nou super rassisties is. Dit is nie die mense nie. Dit is die regerings.

Vrijburger ·

Te laat, te laat.
Ek ondersteun geen SA nasionale sportspanne meer nie – todat alle vorme van kwotas (spesifiek op laer vlakke en die sogenaamde “free borns”) opgeheg word.

david ·

Ek wil vir meneer Rabada iets vertel……in Engels…….Black lives will NEVER matter until ALL lives matter
and that includes every white farmer, shopowner woman, learner ..children….
Ask your yourself Kagiso….who is doing the killing in the country of your birth….?

Keelvol ·

Dis te laat Mark Boucher. Jy moes die kniegbyigery nooit in die eerste plek toegelaat het nie. Deur om dit te doen het julle die wit ondersteuners beledig. Julle het nooit julle huiswerk oor hoekom Floyd dood is nie. Julle het aannames gemaak. Julle het probeer om die guns van die meerderheid te wên. Julle het vir die wittes die vinger gewys. Sorry, maar ek ondersteun julle nie. Ek kan dit ook nie weer doen nie.

Misky ·

Too little, too late….. sorry KSA, ons julle maande terug al gesê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.