Botha wil die horlosie weer in BBL terugdraai

Johan Botha. Foto: Jewel Samad/AFP.

Johan Botha is terug vir die Hobart Hurricanes in vanjaar se weergawe van die Big Bash League in Australië.

Die 36-jarige voormalige Protea-draaier het weliswaar in Januarie 2019 sy krieketstewels opgehang, maar die Hurricanes se base het sy arm gedraai om vir oulaas weer in hul kleure te speel.

“Ek dink ek is fiksser as ooit tevore en ek kan steeds waarde tot die span voeg. Ek het na die spel verlang, maar ek wou aanvanklik nie ’n te groot bohaai daarvan gemaak het toe ons vir die eerste keer oor my moontlike terugkeer gepraat het nie,” het Botha gesê.

Die veglustige draaier het 78 eendag- en 40 T20-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel, terwyl hy ook 21 keer die span aangevoer het. Hy het altesaam 126 internasionale paaltjies geneem.

Hy het later in sy loopbaan na Australië verhuis en in 2016 het hy sy Australiese burgerskap gekry.

Botha het vandag sy terugkeer vir die Hurricanes teen die Sydney Sixers gemaak en hy het 18 lopies in sy twee boulbeurte afgestaan nadat hy die boulwerk geopen het.

Nog ’n voormalige Protea, Colin Ingram, het 55 van 42 balle vir die Hurricanes geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dubbelloop ·

Ek sal maar die Suid Afrikaners wat oorsee speel support, en daar is baie. Een speler wat ek regtig van hou om te volg is Rilee Rossouw. Goed om te weet Johan doen ook goed.

Alexander ·

Botha is weens kwotas nooit genoeg geleentheid gegee om homself te bewys nie. Hy was vir jare ‘n staatmaker vir die Oostelike Provinsie (Wariors) gewees. Goeie veelsydige speler. Het vroeg in sy loopbaan naatboulaksie vir draaiballe veruil en reuse suksesse behaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.