Buttler, Wiese slaan meeste sesse

Jos Buttler maak gereed om nog ’n bal oor die grenstou te stuur. Foto: Aamir Qureshi/AFP.

Hoewel Kevin Pietersen meen dat boulers eintlik krieketwedstryde vir hul kaptein wen, is dit altyd lekker wanneer ’n kolwer die bal oor die grenstou moker.

En tans by die T20-Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate is daar niemand beter as Jos Buttler nie.

Voormalige Engelse spelers en die land se joernaliste is gaande oor die 31-jarige paaltjiewagter en beskryf hom gereeld as die mees verwoestende T20-kolwer ooit.

Al het hulle gerieflik van AB de Villiers, Chris Gayle en Brandon McCullum se heldedade vergeet, kan ’n mens nie met Buttler se statistieke stry nie.

David Wiese het die wenlopies teen Ierland geslaan. Foto: Aamir Qureshi/AFP.

Hy het reeds 240 lopies teen ’n treftempo van meer as 155 geslaan, terwyl hy 13 keer die bal oor die grenstou gestuur het.

Hy was op sy beste teen Australië (71* van 42 balle) en Sri Lanka (101* van 67 balle), maar hy kon Saterdag net een ses teen die Proteas slaan voordat Anrich Nortjé hom terug na die kleedkamer gestuur het.

Snaaks genoeg is Namibië se David Wiese tweede op die sesslaan-lys.

Die voormalige Protea-speler het nege sesse in die toernooi gemoker en hy is Namibië se voorste lopiemaker in die toernooi.

Aiden Markram het vier sesse teen Engeland geslaan. Foto: Aamir Qureshi/AFP.

Onder die Proteas was Aiden Markram die voorste sesslaner. Die sterk 27-jarige kolwer het nege keer sy spiere gebult om vinnige lopies vir sy span aan te teken.

  • Meeste sesse in T20-Wêreldbeker:
  1. Jos Buttler 13 (treftempo van 155,84)
  2. David Wiese 11 (treftempo van 127,52)
  3. Aiden Markram 9 (treftempo van 145,94)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stephen ·

Waarom snaaks genoeg MM? Namibia verdien alle lof vir hulle vertoning by die T20. Die Nam Krieketraad het slegs 18 top spelers om van te kies wat hulle vertoning nog meer merkwaardig maak. Nie een van hierdie ouens is beroep spelers nie. Die Nam bevolking in totaal 2,5 miljoen mense. Vergelyk dit met bv Indie se Krieket diepte met n bevolking van meer as n Biljoen mense.

Harley Davidson ·

Nampol is ook stukke beter as saps en ek glo die krieket span word op meriete gekies en nie deur kwotas wat dan nog deur die regering gedwing om te buig voor ‘n wedstryd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.