Coetzee se vyf en Stubbs se 50 beklink reeks

Gerald Coetzee het vyf paaltjies in Sri Lanka A se beurt laat spat. (Foto: Twitter/KSA)

Suid-Afrika se A-krieketspan het die derde en beslissende eendagwedstryd teen Sri Lanka met vyf paaltjies beklink.

Tristan Stubbs, Senuran Muthusamy en Gerald Coetzee was die besoekende span se groot uitblinkers.

Coetzee – wat vroeër die Wes-Indiese Eilande in die kleure van die Proteas laat bontstaan het – het nou met ʼn vurige openingsalvo toegesien dat die eilandmanne sommer vroeg in hul beurt op 7/4 gesteier het.

Ashen Bandara en Sahan Arahchige het ʼn terugvegpoging geloods, maar Coetzee en Muthusamy het hopeloos te veel skietgoed vir die tuisspan se kolwers gehad en hulle is vir 172 lopies uitgeboul.

Daarna het Tony de Zorzi sy paaltjie in die eerste beurt van die Suid-Afrikaners se kolfbeurt verloor, Stubbs en Muthusamy het die wa deur die drif getrek met hul vennootskap van 74 lopies.

Die aanvallende Stubbs het die ankerkolfbeurt gespeel, terwyl Muthusamy sy voet op die versnelpedaal gehou het.

Dewald Brevis was nie in vandag se elftal nie.

  • Opsomming van telkaart:

Sri Lanka A 172/10 in 42,3 boulbeurte: Sahan Arahchige 63, Gerald Coetzee 5/48 en Senuran Muthusamy 2/42.

Suid-Afrika A 175/5 in 35,5 boulbeurte: Tristan Stubbs 58*, Senuran Muthusamy 45* en Dilshan Madushanka 3/34.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frank ·

Hulle MOET vir Brewis blootstelling gee. Dis al hoe hy sy talente gaan ontwikkel. En selfvertroue kry, al kry hy een of twee swak beurte. Hy MOET weet die keurders staan agter hom

George ·

Maar hy verdien nie selection nie. Hy het nog geensins gewys hy kan op die vlak speel nie. Hy moet eers op plaaslike vlak perform.

George ·

Die probleem is, hy het een of twee goeie beurte, nie anders om nie. Hy moet soos die res sy plek verdien deur om te perform, en tans, doen hy nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.