Dané sal in WPL wil blom

Dané van Niekerk speel vir die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga vir vrouespelers. Foto: Twitter via RCB.

Die Indiese Premierliga vir vrouekrieketspelers (WPL) begin hierdie naweek in alle erns met die Gujurat Giants en die Mumbai Indians wat binnekort kragte meet.

Die Proteas se Chloe Tryon speel vir die Giants, terwyl Dané van Niekerk (Royal Challengers Bangalore), Marizanne Kapp (Delhi Capitals) en Shabnim Ismail (UP Warriorz) ook deel van die aksie sal word soos wat die toernooi vorder.

Veral Van Niekerk sal wil wys wat in haar steek as sy môre in die Challengers-elftal vir hul wedstryd teen die Capitals is. Die Protea-kaptein was immers nie deel van die Suid-Afrikaners se uitstekende T20-Wêreldbekerveldtog nie omdat sy nie Krieket Suid-Afrika (KSA) se vereiste fiksheidstoets kon slaag nie.

RCB het intussen R649 000 uitgehaal om haar krieketdienste te bekom en hulle het ook die heuningkwas op sosiale media uitgehaal om haar vaardighede met kolf en bal te beskryf.

Hulle het onder meer een van haar mokerveeghoue met dié van AB de Villiers vergelyk, terwyl hulle ook gesê het dat sy slaggereed is om haar stempel op die WPL-toernooi af te druk.

Ondanks die drama van Van Niekerk se weglating het die Proteas steeds amok in die pasvoltooide Wêreldbeker-skouspel gemaak. Hulle het die eerste Suid-Afrikaanse span geword om vir die eindstryd van ʼn groot internasionale uitkloptoernooi te kwalifiseer.

  • WPL-bepalings:

Saterdag:

Gujurat Giants teen Mumbai Indians

Sondag:

Royal Challengers Bangalore teen Delhi Capitals

UP Warriorz teen Gujurat Giants

  • Hoe die spanne lyk:

Royal Challengers Bangalore: Smiriti Mandhana, Sophie Devine, Ellyse Perry, Heather Knight, Disha Kasat, Richa Ghosh, Indrani Roy, Dané van Niekerk, Erin Burns, Asha Shobana, Kanika Ahuja, Poonam Khemnar, Shreyanka Patil, Megan Schutt, Renuka Singh, Preeti Bose, Komal Zanzad en Sahana Pawar.

Mumbai Indians: Yastika Bhatia, Hayley Matthews, Harmanpreet Kaur, Amelia Kerr, Priyanka Bala, Nat Sciver-Brunt, Dhara Gujjar, Chloe Tryon, Amanjot Kaur, Pooja Vastrakar, Humairaa Kaazi, Jintimani Kalita, Isabelle Wong, Heather Graham, Neelam Bisht, Sonam Yadav en Saika Ishaque.

Gujurat Giants: Beth Mooney, Sophia Dunkley, Ashleigh Gardner, Deandra Dottin, Harleen Deol, Sushma Verma, Sneh Rana, Georgia Wareham, Annabel Sutherland, Tanuja Kanwer, Ashwani Kumari, Mansi Joshi, Hurley Gala, Monica Patel, Parunik Sisodia en Shabnam Shakil.

UP Warriorz: Alyssa Healy, Shweta Sehrawat, Kiran Navgire, Devika Vaidya, Deepti Sharma, Grace Harris, Tahlia McGrath, Laxmi Yadav, Simran Shaikh, Sophie Ecclestone, Parshavi Chopra, Shabnim Ismail, Lauren Bell, Anjali Sarvani en Rajeshwari Gayakwad.

Delhi Capitals: Jemimah Rodriquez, Shafali Verma, Meg Lanning, Laura Harris, Jasia Akhter, Sneha Deepthi, Alice Capsey, Marizanne Kapp, Arundhati Reddy, Aparna Mondal, Shikha Pandey, Jess Jonassen, Radha Yadav, Minnu Mani, Taniya Bhatia, Poonam Yadav, Titas Sadhu en Tara Norris.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.