Krieket Suid-Afrika (KSA) het Dinsdag Quinton de Kock as kaptein vir die komende eendagreeks teen Engeland aangekondig. De Kock vervang Faf du Plessis.
KSA het vroeër vandag sy eendaggroep vir volgende maand se eendagreeks bekend gemaak. Du Plessis is nié in die groep ingesluit nie.
Die groep spog met vyf nuwelinge: Lutho Sipamla, Sisanda Magala, Bjorn Fortuin, Janneman Malan en Kyle Verreynne.
Vier van die spelers se insluiting by die groep hang egter daarvan af dat hulle eers ’n fiksheidstoets slaag en hulle is tans in Pretoria vir afronding voordat die span op 31 Januarie in Kaapstad vergader. Hierdie spelers is Lungi Ngidi, Sisanda Magala, Tabraiz Shamsi en Jon Jon Smuts.
Die eendaggroep: Quinton de Kock (k), Reeza Hendricks, Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, David Miller, Jon Jon Smuts, Andile Phehlukwayo, Lutho Sipamla, Lungi Ngidi, Tabraiz Shamsi, Sisanda Magala, Bjorn Fortuin, Beuran Hendricks, Janneman Malan en Kyle Verreynne.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
De Kock moet vir die Aussies gaan speel, net soos Labuschagne. Hy mors sy talent hier.
Volg Rassie se voorbeeld met kaptein en julle wen die wêreldbeker.
Dankie tog SA is ontslae van ‘n kougom-kouende,ongeskeerde en swak rolmodel vir ‘n krieketkaptein.
Fantasties! Lankal tyd vir n ander Kaptein.
Stem – nou net verbetering begin sien