De Villiers, Van der Merwe skitter vir Spartans

AB de Villiers in aksie vir die Spartans. Foto: GB Jordaan.

AB de Villiers het Vrydagaand in sy 300ste T20-wedstryd 69 lopies van slegs 37 aflewerings vir die Tshwane Spartans teen die Paarl Rocks geslaan.

De Villiers en Roelof van der Merwe (3/15) het gesorg dat die Pretorianers die Kapenaars heel gemaklik met agt paaltjies in hul Mzansi Superliga-wedstryd geklop het.

Van der Merwe, wat deesdae internasionale krieket vir Nederland speel, spog met die beste boulontleding in vanjaar se reeks en hy het goed met Morné Morkel (2/22) gekombineer om die Paarl-manne tot 126 te beperk.

Daarna het De Villiers en Heinrich Klaasen (36) die langsteel ingelê om die wedstryd binne 15 boulbeurte vir die Spartans te wen.

Die 35-jarige De Villiers het al 8 339 lopies in sy 300 T20-wedstryde aangeteken teen ’n gemiddeld van 37,39, en ’n ongelooflike treftempo van byna 150 lopies per 100 aflewerings.

Hy het reeds vier honderdtalle in dié formaat van die spel geslaan.

  • Faf du Plessis speel ’n innoverende hou teen die Tswhane Spartans. Foto: GB Jordaan.

    Puntestand in die Mzansi Superliga vóór vandag se wedstryde:

  1. Paarl Rocks
  2. Nelson Mandela Bay Giants
  3. Tshwane Spartans
  4. Durban Heat
  5. Cape Town Blitz
  6. Jozi Stars.
  • In vandag se kragmetings speel die Jozi Stars teen die Paarl Rocks, terwyl die Cape Town Blitz en die Tshwane Spartans later sal kragte meet.

Die wedstryd tussen die Stars en die Rocks het reeds in Johannesburg begin en die tuisspan het sterk weggespring.

Reeza Hendricks (44) en Temba Bavuma (28) het gesorg dat die Johannesburgers 83/1 ná 11 boulbeurte op die telbord gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Raka ·

Is AB nie die speler wat Faf(ster) gesê het die Proteas nie gaan mis nie?

Sit daai in jou pyp en rook dit Faffie.

ProotGraat ·

Raka- ditto. Miskien Faffelaffie sommer stink sokkie laat trek vir tee ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.