Dié Faf gebruik darem sy hande

Faf du Plessis. Foto: Twitter.

Die Chennai Super Kings het vir die soveelste keer vir die uitspeelrondes van die Indiese Premierliga gekwalifiseer toe hulle die Sunrisers Hyderabad met ses paaltjies geklop het.

Faf du Plessis het 41 lopies van 36 aflewerings in sy openingsvennootskap van 75 saam met Ruturaj Gaikwad (45) geslaan. Die voormalige Protea-kaptein drie viere en twee sesse in sy beurt gemoker.

’n Mini-ineenstorting (van 75/0 na 108/4) het vir ’n paar benoude oomblikke gesorg, maar Ambati Rayudu en MS Dhoni het toegesien dat Chennai die wedstryd binne 20 boulbeurte beklink het.

Vroeër het Josh Hazlewood (3/24) die Sunrisers-kolwers op die agtervoet geplaas, terwyl Dwayne Bravo (2/17) van die gevaarlike Kane Williamson ontslae geraak het.

Die 37-jarige Du Plessis is nie deel van die Proteas se planne vir die komende T20-Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate nie.

Volgens Victor Mpitsang, nasionale keurderbaas, is spelers gekies wat die Proteas onlangs op die internasionale verhoog verteenwoordig het.

Ten spyte van die afjak tel Du Plessis steeds onder die voorste kolwers in die IPL. In 11 wedstryde het hy 435 lopies teen ’n gemiddeld van 48,33 en ’n treftempo van 138,09 gemoker. Hy het terselfdertyd die bal 17 keer oor die grens gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.