Die Proteas is vuisvoos en teen die toue!

Foto: AP Photo/Themba Hadebe

Die uitklophou is naby en dit kan selfs Woensdag in die tweede T20-kragmeting deur Indië geplant word. So ʼn groot geskarrel en paniek in ʼn nasionale krieketspan het ons lanklaas ervaar soos tans die geval is met die Proteas.

As dit nie beserings is nie, is dit swak vertoning op die veld, met die kolf asook met die bal. Waar keer ʼn mens as daar soveel reg te maak is?

In die geheel beskou, is dit ʼn pragtige prentjie vir ons huidige teenstanders, Indië. Virat Kholi se glimlag raak net groter en groter en nogmaals groter. Die Suid-Afrikaanse span is uitgemergel en teen die toue. Ons moet geen enkele oomblik dink dat ons nou gespaar gaan word nie. Die houe gaan nog meer doelgerig val, want al ons swakpunte is oopgevlek en dien as fokuspunt vir die aanvalle.

Ek wonder onwillekeurig hoe lek die Aussies, wat oor ʼn paar dae hier aanland, hul lippe af vir ʼn smulgereg van oorwinnings wat reeds deur die Indiërs voorberei is. Die Aussies gaan ʼn uitgemergelde Proteaspan aantref wanneer die twee lande in vier toetse in Maart begin kragte meet.

Intussen fokus die Indiërs daarop om ook die T20-trofee Woensdag reeds te verower. Die Eendagreeks se telling was 5-1. Gaan dit 2-1 of 3-0 wees in die T20-reeks?

ʼn Mens wonder of daar ʼn omdraaipunt vir die Proteas moontlik is! Kan die nuwe afrigtingspan van Ottis Gibson sake beredder en die laaste twee T20-wedstryde teen alle verwagtinge in wen? Miskien kan Malibongwe Maketa, Dale Benkenstein, Justin Ontong of Claude Henderson ʼn haas uit die hoed pluk voor ons span die krytvloer tref? Mens kan net sê sterkte aan die Proteas!

Spel tussen Suid-Afrika en Indië begin Woensdag om 18:00 op SuperSport-park. Die wedstryd word voorafgegaan deur die vierde T20-wedstryd tussen Suid-Afrika se Vrouekrieketspan en Indië wat om 13:00 afskop.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

bloues ·

Nee, dit gaan nie n uitklop hou wees nie eerder die handdoek wat ingegooi sal word.
Vrot spankeuses, kaptein wat nie n veld kan opstel nie, boulers wat geen idee het wat van hulle verwag word en hoe om dit toe te pas nie.
Die grootste probleem, soos ek verstaan, is spelers wat self kan besluit hoe en wat. So verstaan ek dat SA boulers weier om streep balle te boul al sê die afrigters hulle moet.

wicus ·

EK SOU EERDER GEOFFREY TOYANA AS AFRIGTER AANGESTEL HET AS DIT GAAN OOR TRANSFORMASIE , WAT WEET OTIS VAN ONS TOESTAANDE EN SPELERS

rollie ·

Ek weet wedstryde word nie op papier gewen nie maar as jy die spanne op papier vergelyk, kan mens nie sien hoe ons spannetjie daai gevestigde Indiese span kan klop nie.

Rupert Ashford ·

Mmm…lyk of transformasie nou op sukses kan aanspraak maak in krieket of hoe Dr Bacher?

reinier ·

die T20 span word nie op meriete gekies nie.hoe vewag ons om met ‘n “ontwikkelende” span te wen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.