Die Proteas verkrummel met bal en kolf in Durban

Proteas

Australië is op dag twee van die eerste toets in Durban deur heerlike sonskyn en ʼn tweede nuwe bal begroet. Die Aussies het die dag op 225/5 begin en teen middagete was hulle op 300/8. Hulle is ná middagete vir 351 uitgeboul. Australië het dus nog 126 lopies by hul oornagtelling gevoeg en die inisiatief oorgeneem.

Mitchell March het die Protea-boulers gekasty en die Aussies op die voorvoet geplaas. March het sy derde toetsvyftigtal behaal, asook die hoogste telling in die Aussies se kolfbeurt, naamlik 96 lopies. Die bouler Mitchell Starc het die langsteel ingelê en het 35 lopies (4×4, 2×6) van net 25 balle gemoker. Hy is met die laaste bal voor middagete skoongeboul deur Maharaj. David Warner het 51 en Steve Smith 56 lopies bygedra.

Met die bal het Keshav Maharaj, in sy eerste toets op sy tuisveld in Durban, 5/123 in 33.4 boulbeurte geneem. Vernon Philander het drie paaltjies platgetrek en Kagiso Rabada twee. Morne Morkel was onsuksesvol met die bal en het 75 lopies in 22 boulbeurte afgestaan.

Die Proteas het hul eerste beurt om 13:30 begin en met Suid-Afrika se telling op 27 het daar twee paaltjies gespat. Die draaibalbouler Nathan Lyon het in sy eerste boulbeurt van Dean Elgar (7) en Hassim Amal (0) ontslae geraak. Die Proteas het tee gaan drink met die telling op 55/3 toe Aiden Markram vir 32 moes terugstap.

Ná teetyd het Australië die druk op die Proteas bly toepas en die paaltjies het gereeld geval. Net AB de Villiers kon sy man staan. Mitchell Starc het ook twee vinnige paaltjies geneem, naamlik dié van Faf du Plessis vir 15 en Theunis du Bruyn vir net 6. Quintin de Kock het 20 bygedra voordat Lyon hom ook skoongeboul het. Daarna moes Philander, Maharaj, Rabada en Morkel terugstap pawiljoen toe. AB de Villiers was nie uit nie op 71.

Suid-Afrika is uitgeboul vir net 162 (51.4 bb). Dit is nog 189 lopies kort van die Aussies se 351 in hul eerste beurt.

In die geheel gesien was dit ʼn dag wat die Aussies met die kolf en bal oorheers het. Die Proteas se kolwers het verkrummel onder die druk, terwyl die Aussies se boulers briljant was. Mitchell Starc het 5 paaltjies vir net 34 lopies geneem en Lyon 3 paaltjies vir 50.

Dag drie is geskeduleer om Saterdag om 10:00 op Kingsmead in Durban te begin.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

rollie ·

Ek het dit verwag, ons kolfwerk is al vir maande nie op standaard nie. Ons het teen Indie gesukkel, die Aussies se boulers is tienkeer beter. En hoe ouens soos Rabada bo Starc op die wereldranglys is, is ‘n grap. Starc was seker beseer want sulke kwaliteit en vernuftige boulwerk het ek baie lanklaas gesien, Vier zip vir die Aussies in die reeks.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Houtoog
Dankie vir jou kommentaar! Jy is inderdaad reg. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.