Neil Adcock, Peter Heine, Mike Proctor, Vince van der Bijl, Garth le Roux, Allan Donald en Dale Steyn – Suid-Afrika het al met ’n paar skitterende snelboulers vorendag gekom.
Maar deesdae – ondanks Anrich Nortjé en Kagiso Rabada se sukses – word daar meer na draaiers gekyk om vir hulle wedstryde in T20-krieket te wen.
In gister se opwarmingswedstryd teen Afghanistan het Tabraiz Shamsi, Bjorn Fortuin en Keshav Maharaj vyf paaltjies tussen hulle geneem en gesamentlik slegs 3,6 lopies per boulbeurt afgestaan.
’n Maand gelede het Shamsi en Kie. nege paaltjies in ’n T20-wedstryd teen Sri Lanka laat spat.
En dit is nie net die Suid-Afrikaners wat hierdie draaiboek volg nie: Agt van die voorste tien internasionale boulers op die amptelike T20-ranglys fnuik kolwers met hul vlug en variasies.
Volgens Rashid Khan, Afghanistan se bybreekbouler en T20-ster, sal draaiboulwerk ’n deurslaggewende rol in die komende Wêreldbeker speel.
“Toestande in die Verenigde Arabiese Emirate bevoordeel altyd draaiboulwerk. Kyk net na die afgelope Indiese Premierliga – draaiers het gereeld gesorg dat hul spanne met die louere wegstap en ek verwag soortgelyke situasies in die Wêreldbeker,” het Khan gesê.
Sy voorspelling behoort goeie nuus vir die Proteas te wees.
Die Suid-Afrikaners beskik dalk nie oor die nodige slaankrag met die kolf om groot tellings op te stapel nie, maar hul draaiers kan ongetwyfeld ’n lopiejaagtog bemoeilik.
“As die kolwers vir ’n mededingende telling sorg, kan die draaiers daarna amok op die stadige kolfblaaie maak en wedstryde wen.”
Maar ondanks die draaibouler-oorheersing, kan iemand soos Nortjé steeds ’n belangrike skakel in die Proteas se boulaanval wees.
Hy het 12 paaltjies in agt IPL-wedstryde teen ’n gemiddeld van 15,58 geneem terwyl hy gereeld vinniger as 150 km/h geboul het.
Boulers kan nie ‘n swak telling suksesvol verdedig nie en dis presies waar ons probleem gaan lê. Ons het nie die kolwers om wedstryd na wedstryd 200+ aan te teken nie.
Al wat die proteas oorheers is die gebuigde knieg