Duminy se vertrek dra by tot toerontwrigting

JP Duminy – terug huis toe oor sy wisselvallige kolfwerk. Foto: AP Photo/Rob Griffith

Dit is tot dusver vir die Proteas ʼn ietwat ontwrigtende toer, en dit is sekerlik nie aangehelp met Maandag se nuus dat JP Duminy vertel is hy sal nie in die laaste twee toetse speel nie.

Hy is dus terug Suid-Afrika toe.

Nee, dit het niks te make met sy gedrag of houding in die groep nie, maar sy kolfvorm het hom reeds sy plek in die tweede toets gekos en dit is onwaarskynlik dat hy in die laaste twee sal speel. Hy het in sy laaste agt toetsbeurte net 121 lopies aangeteken.

Die derde toets begin Donderdag op die Oval.

♦  Benewens Duminy se vroeë vertrek moes Faf du Plessis weens die geboorte van hulle eerste kind by sy vrou aanbly en die eerste toets misloop; die afrigter Russel Domingo moes twee keer na Suid-Afrika terugkeer het nadat sy ma in ʼn motorongeluk betrokke was. Die tweede keer was nadat sy oorlede is kort ná sy uit die hospitaal ontslaan is.

Domingo sit in die moeilike situasie dat die komitee wat die volgende afrigter moet aanwys – sy termyn verstryk ná die toer – hulle keerdatum daarvoor oorskry het!

Hy het wel weer vir die pos aansoek gedoen, en Domingo weet dus nie of hy ry of bly nie. Dit is uiteraard nie ʼn ideale posisie om in te wees nie.

Die Proteas, na hulle loesing in die eerste toets, is ook ontwrig toe Kagiso Rabada die tweede moes misloop weens sy onsportiewe gedrag toe hy Ben Stokes uitgehaal het. Sy strafpunte uit ʼn vorige oortreding is bygetel wat tot die skosing vir een toets gelei het.

Dan is daar ook van die spelers wat terug is huis toe vir ʼn heen-en-weertjie in die tyd tussen die eerste en tweede toetse. Dit is te verstane, want die meeste van hulle is al meer as twee maande van die huis af weg.

Die fokus mag dus ná die besoek dalk nou elders wees, hoewel Du Plessis gewys het, met sy kapteinskap en kolfwerk, dat toewyding so iets kan oorbrug.

Die span het Maandag ʼn deeglike oefening by Oval gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

thelsa ·

JP Duminy en Morkel moes in elk geval nie saam gaan toer het nie. Hulle speel op hulle reputasie en nie huidige vorm nie. Hulle kan maar Dale Steyn se span ‘join’

Jack Russl ·

Met Duminy stem ek saam, maar Morkel moet bly. Hy moet net probeer agter die lyn bly. Hy het die 4de meeste paartjies gekry (2de vir SA) sover in die reeks.

As jy Morkel wil uitlos, wie moet dan is sy plek inkom?

RB ·

Morkel was tot dusvêr een van die beste boulers! JP moes wel al baie lank terug uitgelaat gewees het.

Nico ·

Kom proteas wys hierdie negatiewe kla kouse julle kan dit help nie ons draai ons rug op hulle nie moet die beste daar van maak

Ben ·

Hoe kan die uitlating van n speler wat geen bydrae in die reeks gemaak het die toer ontwrig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.