Faf appelleer teen skuldigbevinding

Faf du Plessis

Faf du Plessis

Faf du Plessis, krieketkaptein van die Proteas, gaan appèl aanteken teen sy skuldigbevinding aan balknoeiery in die tweede kriekettoets teen Australië wat verlede week ten einde geloop het.

Du Plessis is Dinsdag in Adelaide deur die Internasionale Krieketraad (IKR) skuldig bevind aan balknoeiery en met 100% van sy wedstrydgeld vir die tweede toets beboet.

Hy is deur die IKR aangekla dat hy die bal met spoeg blinkgevryf het wat van ʼn peperment in sy mond afkomstig was. Dit is verbode om ʼn kunsmatige middel te gebruik omdat dit die swaai van die bal kan beïnvloed.

Du Plessis is nie vir die derde toets, wat Donderdag in Adelaide begin, geskors nie. Die drie strafpunte teen sy naam is egter ʼn swaard oor sy kop omdat ʼn speler geskors word as hy binne 24 maande met vier strafpunte beboet word.

Krieket Suid-Afrika het Dinsdagmiddag bevestig dat Du Plessis wél appèl gaan aanteken.

♦  Suid-Afrika het klaar die reeks met 2-0 beklink en wil die eerste span word om skoonskip in Australië in ’n reeks van drie of meer toetse te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

E.K. ·

Ai tog, Faf, los dit tog maar – ons het almal die sweetie gesien! Of dit regtig iets aan die bal se swaai sou doen weet ek nie verseker, maar nou-ja los tog maar en moet dit verdamp nie weer doen nie!

ET ·

Waar trek mens die streep, wat van sonblok? Ek sien telke male krieketspelers wat hul sweet gebruik en dit is definitief gemeng met sonblok. Spf 50 behoort meer swaai op daardie bal te sit as spoeg gemeng met suiker.

CF ·

Stem saam met jou ET. Mense gaan nou so aan asof hy die enigste oortreder is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.